Oorkom die Strik van SelfbejammeringVoorbeeld

Oorkom die Strik van Selfbejammering

DAG 4 VAN 7

Laat Vaar die Verlede

Tekens:

>> Staan stil by seer uit die verlede

>> Herhaal pynlike herinneringe

Selfbejammering het dikwels diep wortels in slegte wedervaringe uit die verlede. Dit hou vas aan ou wonde en herbedink die heeltyd teleurstellings van die verlede. Dit is wanneer jy soos 'n plaat wat vashaak weer en weer ou foute herleef. In die proses kan jy kwaad voel vir jouself of dalk iemand anders! Wanneer ons in hierdie bose kringloop vasgevang is, kan dit baie moeilik wees om die nuwe dinge te sien wat God besig is om te doen.

Op een of ander manier moet ons die verlede agter ons sit. Hoe? Deur ander te vergewe, deur onsself te vergewe en selfs 'n wrok wat ons in die geheim in ons harte teenoor die Here koester, neer te lê. Waarom teenoor die Here? Die vyand kan jou iets vertel soos; Hy is God, Hy sê Hy het jou lief, maar kyk nou, het Hy jou regtig in hierdie situasie gehelp?

Ons liefdevolle hemelse Vader is nie so nie. Dit beteken nie dat ons moet maak asof niks seermaak nie; dit beteken bloot dat ons kies om nie op daardie plek, emosie of herinnering uit die verlede te leef nie.

Genesing begin wanneer ons ons pynlike herinneringe aan Jesus oorgee en Hom vertrou om ons daarvan te verlos. Hoe doen jy dit? Jy maak jou oë toe, sien Hom voor jou, en haal al daardie pyn uit jou hart en gee dit vir Hom. Hy sal dit vat! God se barmhartigheid is elke oggend nuut, en Sy Gees bemagtig ons om vorentoe te beweeg na vryheid.

Getuienis

Maria het eens vasgevang geleef in pynlike herinneringe, voortdurend ou wonde herleef en selfs wrok teenoor God gevoel. Maar toe sy kies om te vergewe en haar pyn aan Jesus te gee, het Hy die las van haar hart verwyder. Sy het Sy ontferming en liefde ervaar, en vandag leef Maria vry, nie meer geketting aan die verlede nie.

Gebed

Here, ek gee U nou die pyn van my verlede. Ek gee my reg om aanstoot te neem teenoor myself, ander en selfs teenoor U prys. Ek staan stil en sien U lieflike gesig voor my – ek kies om te glo dat U 'n goeie God is. Genees my hart en help my om alles te laat gaan wat my tot selfbejammering lei.

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom die Strik van Selfbejammering

Selfbejammering is 'n vernietigende emosie wat in ons harte kan nesskop, veral wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Dit laat mens voel asof jy ‘n slagoffer is, totaal vergete en sonder uitkoms. Ook, dat jy jouself met ander vergelyk, hopeloos voel en aanhoudende negatiewe denke ervaar. Hierdie 7-dag oordenking sal jou help om die tekens van selfbejammering te herken, en jou toe te rus om dit te begin oorkom.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com