Die Mosterdsaad BeginselVoorbeeld

Tien traktaatjies per dag
Daar is ’n verhaal van ’n evangelis wat elke dag langs die hoofpaaie en grondpaaie van Tsjad gestap het. Hy het ’n sak vol Bybels en ander Christelike literatuur gedra. Vir 50 jaar lank het hy elke dag Bybels en traktaatjies uitgedeel. Hy het nooit iemand gesien wat tot Christus gekom het nie. Maar ná sy dood het mense begin om tot bekering te kom. Hy het nooit enige vrug gesien nie, maar hy het nooit opgehou uitdeel nie.
Daar is ook die verhaal van Frank Jenner, wat as jong man tot bekering gekom het. Dit het gebeur terwyl hy ’n jong seeman was, net voor die Tweede Wêreldoorlog. Hy het God belowe dat hy elke dag, vir die res van sy lewe, 10 traktaatjies aan mense sou uitdeel. En dit is presies wat hy gedoen het: 10 traktaatjies per dag, elke dag, vir die res van sy lewe. Wanneer hy siek was en nie op die strate kon uitgaan nie, het hy die volgende dag 20 uitgedeel.
Hy het bekend geword vir sy werk in Sydney. Hy sou na iemand toe stap, ’n traktaatjie in hulle hand sit, en eenvoudig vra: "As jy vanaand sou sterf, waar sal jy die ewigheid deurbring – in die hemel of in die hel?" En dan sou hy net weer verdwyn. Hy het hierdie “een-sin evangelisasie-preek,” vir meer as 110 000 mense gepreek in sy leeftyd. Die lewens van honderde mense is verander, en daardie mense het weer duisende na Christus gelei.
Daar is ongelooflike verhale van mense wat tot bekering gekom het deur hierdie traktaatjies. Baie van hulle het predikante en sendelinge geword. Pastore en geestelike leiers regoor die wêreld het begin praat oor hierdie buitengewone verhaal, en talle Christene, predikante en sendelinge het begin vertel hoe daardie een traktaatjie wat hulle in Sydney ontvang het, en daardie een-sin-preek van Frank Jenner instrumenteel was om hulle tot bekering te lei — en hoe dit uiteindelik die lewens van duisende ander verander het.
Aan die einde van sy lewe het Frank Jenner gesê dat hy slegs van enkele mense geweet het wat Christus gevolg het as gevolg van sy werk. Sy werk was om die die saad te saai – God het laat groei.
Dit is nie moeilik om die aantal sade in ’n appel te tel nie — daar is gemiddeld 6 tot 8 sade in ’n appel. Maar wie kan die aantal appels in een saad tel? Hoeveel mosterdbome is in één mosterdsaad? Hoeveel siele is daar in een traktaatjie?
Aangaande hierdie leesplan

By verskillende geleenthede het Jesus oor die mosterdsaad gepraat. Hy het verskillende aspekte daarvan uitgelig. Daar is baie goeie redes waarom Hy na die mosterdsaad verwys. Baie van ons sukkel wanneer dinge klein en verborge lyk. Ons word geïntimideer deur mense wat praat van groot visie. Ek vertrou dat hier leesplan jou sal help.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com