Die Mosterdsaad BeginselVoorbeeld

Die Mosterdsaad beginsel in Joodse konteks
Matteus 13:31-32 (Afr.1983) – Hy het nog ’n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ’n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.
Die mosterdsaadjie is nie die kleinste van alle sade nie; die saad van die sipresboom, byvoorbeeld, is nog kleiner. Maar in die Joodse konteks in die tyd van Jesus was die mosterdsaadjie spreekwoordelik vir iets wat baie klein is. Die Jode het byvoorbeeld van ’n druppel bloed so klein soos ’n mosterdsaadjie gepraat, of, as hulle oor ’n klein oortreding van die seremoniële wet gepraat het, sou hulle van ’n verontreiniging so klein soos ’n mosterdsaadjie praat. Vir die Joodse denke in Jesus se tyd was Sy punt glashelder: die koninkryk van die hemel groei dikwels uit iets wat klein begin.
Die punt van die mosterdsaadjie is dat ons nie op die kleinheid van die saadjie van die koninkryk moet fokus nie.
’n Storie: Edward Kimball was ’n gewone Sondagskoolonderwyser. Hy het sy taak ernstig opgeneem. Hy het 10 kinders in sy klas gehad en gebid vir die redding van al tien seuns. Mettertyd het 9 van die 10 tot bekering gekom, behalwe een: Dwight L. Moody — ’n rebelse en moeilike tiener wat in ’n skoenwinkel gewerk het. Kimball het ’n geestelike las vir Moody se siel gevoel.
Eendag het hy na die skoenwinkel geloop en direk met Dwight gepraat. Daar in die skoenwinkel, het Dwight sy lewe aan Christus gegee. Moody het een van die grootste evangeliste van die 19de eeu geword, en het vir miljoene in Amerika en Europa gepreek, en 750 000 mense na Christus gelei. Moody het ’n jong prediker beïnvloed met die naam F.B. Meyer, wat self ’n invloedryke evangelis was. F.B. Meyer het J. Wilbur Chapman beïnvloed, wat ook ’n bekende evangelis geword het. Chapman het ’n jong professionele bofbalspeler wat prediker geword het, Billy Sunday, onderrig, en hy het die vroeë 20ste eeu (VSA) wakker geskud met massiewe evangelisasie-veldtogte. Billy Sunday het ‘n groot invloed gehad op ’n groep jong sakemanne, o.a. Mordecai Ham. In een van Mordecai Ham se dienste het ’n jong seun, Billy Graham, agt jaar oud, sy geloof in Christus gestel. En ons almal ken die verhaal van Billy Graham. Maar byna niemand weet van Edward Kimball nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

By verskillende geleenthede het Jesus oor die mosterdsaad gepraat. Hy het verskillende aspekte daarvan uitgelig. Daar is baie goeie redes waarom Hy na die mosterdsaad verwys. Baie van ons sukkel wanneer dinge klein en verborge lyk. Ons word geïntimideer deur mense wat praat van groot visie. Ek vertrou dat hier leesplan jou sal help.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com