Die Mosterdsaad BeginselVoorbeeld

Die Mosterdsaad Beginsel

DAG 3 VAN 7

Vir 22 jaar

Moenie die dag van klein dingetjies verag nie. Op een of ander manier sê Jesus: Moenie die dag van klein dingetjies verag nie (Job 8:7; Afr.1983). Of ‘n vrye vertaling: “Al was jou begin onbeduidend, jou einde sal baie groot wees.” Ons kry presies dieselfde woorde in Sagaria 4:10 (Afr.1983): “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.”

As julle maar geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’” (Matteus 17:20; Afr.1983).

Maar hoekom skuif my berg nie onmiddellik nie? Mense voel hulle het gebid, en tog bly die berg staan. Baie mense hou op bid: hulle sien nie dadelik antwoorde op hul gebede nie! Hoekom vat dit so lank? Het God enigsins gehoor? Is God se “stilte” nie dalk ’n aanduiding dat Hy niks aan die situasie kan doen nie? Of bestaan Hy dalk nie? Gee Hy enigsins om? Is ek vir Hom belangrik?

’n Storie: Hierdie is ’n ware verhaal van “The Mountain Man”, van Bihar, ’n provinsie in Indië. Dashrath Manjhi het oorspronklik in ’n steenkoolmyn gewerk en was getroud met Falguni Devi. Sy het gereeld oor Gehlourberg geloop om vir hom kos te bring.

Maar op ’n dag het sy op die berg geval en later aan haar beserings beswyk. Manjhi was verpletter en het besluit om ’n pad deur die Gehlourberg te kap. Hierdie berg het hul dorpie afgesny van ’n groter dorp waar hulle mediese sorg en basiese lewensmiddele kon kry. As gevolg van die berg moes hulle ‘n groot ompad ry om by die groter dorp uit te kom. Hy het elke oggend om 04:00 opgestaan en 22 jaar lank (1960–1983) met net ’n hamer en ’n ysterstaaf teen die berg uitgestap en begin kap.

Aanvanklik het die dorpenaars hom uitgelag, maar later het hulle hom begin help deur vir hom kos en gereedskap te gee. Na 22 jaar was daar ’n pad van 110 meter lank, 7,7 meter diep en 9,1 meter breed.

Aan die begin het mense vir hom gelag — hulle het weet dit kan nie gedoen word nie. Hulle kon nie “die pad” sien nie. Hulle kon net die hamer en die koevoet sien. Stel jou daardie eerste dag voor — die eerste kaphou met die hamer. Na ’n week? Ses maande? Vyf jaar? Maar 22 jaar later was daar ’n pad.

Vriend, kom ons kap deur rotse en berge om geestelike poorte oop te maak vir die uitbreiding van die Koninkryk. Sommige gebede sal God onmiddellik beantwoord. Ander kere neem dit “22 jaar.”

Aangaande hierdie leesplan

Die Mosterdsaad Beginsel

By verskillende geleenthede het Jesus oor die mosterdsaad gepraat. Hy het verskillende aspekte daarvan uitgelig. Daar is baie goeie redes waarom Hy na die mosterdsaad verwys. Baie van ons sukkel wanneer dinge klein en verborge lyk. Ons word geïntimideer deur mense wat praat van groot visie. Ek vertrou dat hier leesplan jou sal help.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com