Die Mosterdsaad BeginselVoorbeeld

Die Mosterdsaad Beginsel

DAG 2 VAN 7

Ek wil iets groots vir God doen... (veral soos So-en-So.)

Ek kan jou ’n eenvoudige manier gee om groot dinge vir God te doen: plant ’n mosterdsaadjie.

“O, maar jy verstaan nie! Ek bedoel iets GROOTS, soos in GROOT!” Dikwels sê ons dit nie hardop nie, maar ons dink dit.

Goed, ek verstaan — plant dan twee mosterdsaadjies!

Sien jy dit? Deur ’n klein mosterdsaadjie te plant, plant jy ’n GROOT boom! En deur daardie mosterdsaadjie te plant, sal jy ’n groot boom hê! Die vraag is: Sien jy kans om klein te begin?

Maar die mosterdsaadjie word ook gebruik om geloof te verduidelik – die krag van selfs ’n klein bietjie geloof. ’n Mosterdsaadjie van geloof kan ’n berg versit. Niemand kan ‘n berg skuif nie — dit is onmoontlik! Of is dit wel moontlik? God sê die mosterdsaadjie kan selfs ’n moerbeiboom ontwortel. Moerbeibome is groot, met diep en sterk wortels — en baie moeilik om uit te haal, te ontwortel. Maar Jesus sê, by wyse van spreke, as jy ’n moerbeiboom wil uithaal, plant ’n mosterdsaadjie langsaan die moerbeiboom. Lukas 17:6 - “As julle maar geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.”

Dit is asof Jesus sê: “Kom ons begin klein en kyk hoe dit met ‘n “’klein” opdrag gaan.” As jy nie klein kan hanteer nie, sal jy nie groot kan hanteer nie. Ons bid vir miljoene — maar wie van ons kan regtig miljoene hanteer?

Hoe plant ‘n mens groot bome? Jy doen dit deur mosterdsaadjies te plant!

“O, maar ek wil die resultate sien!”

Dis reg, maar dit wys wat in jou hart is. Gaan dit regtig oor God? Hoeveel gaan oor jouself? Jy vergelyk jou waarskynlik om watter rede ook al met iemand anders. Is dit om jou beter te laat lyk?

Al het jy net een mosterdsaadjie geplant, het jy reeds iets merkwaardigs gedoen.

Om God vir ’n mosterdsaadjie te vra, dit te plant en nat te maak, is om vir ’n groot boom te vra — dit alleen is alreeds ’n groot versoek.

Ek het tien keer meer gefaal deur groot dinge vir God te probeer doen, as deur die plant van klein mosterdsaadjies, deur net te doen wat my hand vind om te doen.

In die laaste tyd vra ek net vir nog een mosterdsaadjie. Ek het besluit om dit vir God ’n bietjie moeiliker te maak: Hy moet vir my die saadjie gee, die persoon, die geleentheid bring. En dit werk.

Aangaande hierdie leesplan

Die Mosterdsaad Beginsel

By verskillende geleenthede het Jesus oor die mosterdsaad gepraat. Hy het verskillende aspekte daarvan uitgelig. Daar is baie goeie redes waarom Hy na die mosterdsaad verwys. Baie van ons sukkel wanneer dinge klein en verborge lyk. Ons word geïntimideer deur mense wat praat van groot visie. Ek vertrou dat hier leesplan jou sal help.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com