Kaalvoet SielsgedagtesVoorbeeld

God gaan nooit met vakansie nie!
Ek is seker jy het al gevoel dat God afwesig is in jou lewe. Dat jy Hom maar net nie kan vind nie, sukkel om Hom te hoor en selfs wonder of Hy regtig tog na jou omsien soos Hy so dikwels in sy Woord beloof. Weet dat hierdie gevoel van “God-verlatenheid” nie vreemd is nie, maar ’n ervaring is waarmee duisende kinders van Hom al geworstel het. Dit kan ’n mens soms moedeloos, gefrustreerd en selfs eensaam laat voel.
Weet vandag: Jy kan nóóit van God verwyderd wees nie, al voel dit so. Of selfs … al wíl jy soms nie by Hóm wees nie!
Onthou, wanneer ons vêr van God af voel, is dit nooit Hy wat “weg” is nie. Dis maar ons menslikheid en miskyk en hoe ons die misterie rondom Hom ervaar wat ons met tye vêr van Hom laat voel. As jy Hom mis, bly draai maar net jou gedagtes doelbewus na Hom en word stil in Hom: In sy – al voel jy dit nie – by-jou-wees. Iewers sal jy beleef dat Hy jou weer, sag soos ’n veer, aanraak.
Thomas Aquintis het gesê: God is so intens by sy kinders betrokke dat sommige van ons dalk met tye kan wens dat Hy op vakansie wil gaan!
Here, ek weet U is by my, maar vandag voel ek U nie. Wys Uself aan my, asseblief?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za