Kaalvoet SielsgedagtesVoorbeeld

Kaalvoet Sielsgedagtes

DAG 6 VAN 7

Vind vrede omdat Hý daar is

Soms ruk die storms van die lewe ons lewensbote so erg dat ons weerloos en bang staan voor die oormag van dinge buite ons beheer. Hoe harder jy probeer om die water uit jou boot te skep, hoe groter word die golwe wat dreig om jou te laat sink. Soos die dissipels wat destyds ook so ’n woeste storm beleef het en eers self probeer het om die water uit die boot te skep, maar dan uit desperaatheid hul Here gaan wakker maak het om te help. Dié Here wat met ’n paar woorde die wind en see kon stilmaak.

Onthou in tye van oorweldig voel:

  • Jou Here slaap nie. Hy weet presies waardeur jy gaan en sien hoe jy skarrel, stoei en roei.
  • Hy is saam met jou in jou lewensboot en los jou nie een oomblik alleen nie.
  • Weet veral: Dat die God wat by jou is ook bo jou troon en vanuit sy almag jou storms kan laat bedaar.
  • En as die storms nie kalmeer nie, sal Hy jou help om heel deur die rowwe tyd te kom.

Weet vandag: Daar ís ’n God wat in beheer is. Mag jy daarom midde-in jou warboel-wegwaai-tyd ’n stuk vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan.

O Meester van die heelal, neem asseblief my lewenskuit veilig aan wal.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Sielsgedagtes

Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za