Kaalvoet SielsgedagtesVoorbeeld

Kaalvoet Sielsgedagtes

DAG 5 VAN 7

Onthou om te onthou!

Ons vergeet so gou. Ja, hoeveel keer het ek en jy al in ons lewe beleef dat ons Here ons nooit in die steek laat nie, ons deur elke krisis dra en ons vashou wanneer ons voete swik? Male sonder tal. Maar tog trek ons kele gou toe as daar bedreigings oor ons pad kom, ons beleef dat ons alleen staan teen die wêreld, ons teëspoed kry en daar oënskynlik onoorkombare hindernisse op ons pad is.

As jy op die oomblik op so ’n plek is, maak dan tyd om in stilte by God te gaan sit en te onthou: Dink terug aan die vele kere wat jy bang of onseker was en dit gevoel het of die wêreld se branders jou oorspoel. Kyk waar jy nou is. Onthou hoe jy daardeur gedra is. Hoe jy krag en moed ontvang het … hoe die Here jou vasgehou het sonder dat jy dalk eers bewus daarvan was. Hoe jy, soos Dawid beleef het: Die Here het my na ’n veilige plek gevat; Hy het my uitgehelp, want Hy hou van my (2 Sam. 22:20).

Onthou vandag om te onthou en dan bid jy: Here, kyk ek terug oor die uitspoellyne van die branders op my gister se strande, sien ek u voetspore oral. Kyk ek vorentoe na die môre-strand-horison, sien ek u beloftes van trou.

Help my, Here, om onverpoos aan U vas te hou.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Sielsgedagtes

Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za