Leesplan inligting

'n Sorgvrye LeweVoorbeeld

Wild Life

DAG 8 VAN 12

Die Antwoord?


Onthou jy nog die vraag? Dit klink min of meer so: “Is ek opgewasse?” Jy vra dalk al lankal hierdie vraag. Hopelik het jou Hemelse Vader al vir jou die antwoord gegee deur middel van goddelike vriende en mentors. Jy het egter regdeur jou lewe op ander plekke gesoek. As kind het jy dalk by vriende antwoorde gesoek, maar hulle het jou uitgeskel, weggetrek of meisies ontdek. Dit het na 'n goeie idee gelyk. Meisies. Hulle is soos 'n helder poel in 'n dorre landskap. Soms lyk dit of vroue die antwoord op ons vraag is. Jy het dus in die poel gespring.


Net soos Jason en John het jy dalk op 'n jong ouderdom pornografie ontdek. Vir 'n kort rukkie het dit verligting gebring. Dit het soos Hooglied 4:16 gevoel; 'n vrou wat haarself aan jou bied. “Ek is mos 'n man”, het jy gedink. Dit het soos die antwoord gelyk, maar nou wil jy daaruit ontsnap. Net soos Daniel en Ryan het jy dalk vrouens se waarderende woorde, intieme verhoudings of seks gesoek. Ongeag of jy enkellopend, in 'n verhouding of getroud is nie, jy soek jou antwoorde in die mooi dinge.


Net soos mans, is vroue ook na die beeld van God geskape. Hulle is soos Hy. Dis geen wonder dat ons verward is en ons vrouens vra om vir ons die antwoord te gee nie. Hulle is soos Hy, maar hulle is nie Hy nie. As ons na vroue gaan om ons antwoorde te vind, word ons teleurgestel, want dit is nie hulle rol nie.  


As ons vroue met God verwar, is dit net soos om 'n afgod te aanbid. Dit is die slang in die die Tuin van Eden se slim plan. “Eet van hierdie vrug; dis net wat jy nodig het.” Ons aanbid dan dit wat God gemaak het en nie die God wat alles gemaak het nie. Dit is nie die regte ding om te doen nie. Net soos enige ander sonde, het Jesus gesterf om jou skoon te was en te bevry.


Nadat jy vandag se video gekyk en die Skrifgedeelte gelees het, doen iets. As jy met pornografie of enige ander seksuele verslawing sukkel, gaan soek hulp. Vertel dit aan 'n man wat jy vertrou of iemand vir wie jy lief is. Oorweeg berading en vra iemand om jou verantwoordbaar te hou. Klik op die skakel onder die video as jy hulp nodig het. Beantwoord ook hierdie vrae: Hoe het ek my vrae na vroue geneem? Wat kan ek anders begin doen?

Kyk na vandag se video.

5 Maniere Om Met Pornografie Op Te Hou 


Aangaande hierdie leesplan

Wild Life

Om 'n man te wees, beteken nie jy kry 'n handleiding nie—maar God belowe iets beter. Sluit aan by die skrywer van "Wild at Heart", John Eldredge, en vier manne soos jy, wat antwoorde gaan soek het op 'n reis in die berge...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid