Leesplan inligting

'n Sorgvrye LeweVoorbeeld

Wild Life

DAG 6 VAN 12

Wonde Het Vars Lug Nodig


Het jy al jou ergste seer neergeskryf en dit wat jy daaruit geleer het? As jy dit nog nie gedoen het nie, doen dit nou. Dis feitlik onmoontlik om 'n wond te behandel wat jy nie kan sien nie. Deel jou seer en sonde met ander manne wat jy vertrou. Ons predikant, Craig Groeschel sê dikwels: "Ons bely ons sonde teenoor God sodat hy ons kan vergewe, maar ons bely ons sonde aan mekaar sodat ons gesond kan word." Dis omdat wonde vars lug nodig het om te herstel. 


'n Vars bries is presies wat ons ondervind het in die tyd saam met John Eldredge in die Rocky gebergtes in Colorado. Jason het geleer dat om 'n goeie pa te hê nie dieselfde is as om te leer hoe om op sy volmaakte Hemelse Vader te vertrou nie. Daniel het ontdek dat hy 'n goeie man is. Hy het nie maar per ongeluk groot geword nie. Hy is op 'n reis en 'n goeie, liefdevolle God lei hom. Ryan het dalk die beste tyd gehad toe hy saam met John in die bakkie gery het. Sy gesprekke met John na die rivier toe en terug, het hom vir altyd verander. Hy kan jonk van gees wees, hy kan 'n seun wees en hy hoef nie die sterkste man op aarde te wees nie. Hy en jy het 'n Vader.  


John Eldredge sê dikwels: "Op enige gegewe tyd in 'n man se lewe is God met twee dinge besig—om die bedrieglike self af te takel en die ware man gesond te maak.”Wat of wie is God besig om af te takel? Hoe is Hy besig om jou te genees? ”Terwyl jy na die einde van die tweede aflewering kyk en vandag se Skrifgedeelte lees, beantwoord hierdie vrae: Wat sê my wond(e) oor my? Wat het my pa van my gesê, in woorde of dade? Wat sê my Hemelse Vader van my?


Kyk na vandag se video.

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life

Om 'n man te wees, beteken nie jy kry 'n handleiding nie—maar God belowe iets beter. Sluit aan by die skrywer van "Wild at Heart", John Eldredge, en vier manne soos jy, wat antwoorde gaan soek het op 'n reis in die berge...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid