Leesplan inligting

'n Sorgvrye LeweVoorbeeld

Wild Life

DAG 12 VAN 12

Dis Nie Werk Nie


Ons kamera's was afgeskakel en die vuur het ons windverwaaide gesigte verlig terwyl ons begin gesels het oor die wonderlike oomblikke op ons reis. Ons het geleer om te vlieghengel, die natuurskoon op 'n ander manier te ervaar, is van wonde genees en het van Ryan se sielsbevrydende trokrit gehoor. Toe was dit John se beurt. Hy het sy kosbare tyd ingeboet weg van sy vrou en skryfwerk en dit aan ons afgestaan. Dus het ons hom Woensdag afgegee en was verras toe hy sê dat sy gunstelingtyd Woensdag was. 


Hy het verduidelik dat hy Woensdag sy oggendroetine met tee en Bybellees begin het. Hy het egter nie so goed gevoel nie. Hy het sy dag begin om e-posse te beantwoord, maar het nog steeds gevoel iets skort. Toe besef hy dat hy ons mis. Ons tyd saam was nie vir hom "werk" nie. “Ek het nie 'n enkele minuut gewerk nie,” het hy gesê. 


Eerlikwaar dit was dieselfde in ons geval. Ons ervaring was dat ons 'n paar dae saam met 'n vriend, of eerder 'n pa, deurgebring het. Iemand wat ons geselskap geniet het, in ons geglo en ons gehelp het om te groei.


Hier is die rede hoekom dit so kragtig was. Dis nie omdat John so 'n ongelooflike man van God is nie, ook nie net omdat hy eg is nie. Dit was kragtig omdat dit die fisiese voorbeeld is van wat ons die hele week geleer het. Ons manne het na Colorado toe gereis om antwoorde op ons vrae te kry. Ons het 'n padkaart vir die lewe gesoek. Ons wou weet of ons nog op die regte pad was. Ons wou seker maak dat ons opgewasse was. Elke antwoord wat ons gekry het, insluitende John s'n op Woensdagaand, het min of meer so geklink: “Julle is seuns. Julle het 'n Pa.” 


John was ons pa vir 'n paar dae en wat belangrik is, is dat hy vir ons gewys het dat daar nie 'n bloudruk vir die lewe is nie. Ons kry egter iets beter; ons kry 'n Pa wat ons teenwoordigheid geniet. Ons Hemelse Vader beskou dit nie as werk nie, Hy geniet elke oomblik. 


Hy het jou lief en glo in jou. 


Jy is opgewasse vir wat jy moet doen 


Nadat jy die vierde aflewering voltooi en vandag se Skrifgedeelte gelees het, gebruik dan die onderstaande skakel om jou eie lys te maak. Watter stappe moet jy volg om sorgvry te lewe? Het jy 'n mentor nodig? Het jy goddelike vriende nodig? Het jy 'n uitsonderlike doelwit nodig? Moet jy meer tyd met die Woord deurbring? Maak 'n lys en nooi jou Hemelse Vader uit om jou te lei.


Kyk na vandag se video om 10 hulpmiddels te vind hoe om 'n sorgvrye lewe te lei..

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life

Om 'n man te wees, beteken nie jy kry 'n handleiding nie—maar God belowe iets beter. Sluit aan by die skrywer van "Wild at Heart", John Eldredge, en vier manne soos jy, wat antwoorde gaan soek het op 'n reis in die berge...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid