'n Sorgvrye Lewe

Oordenking

Die Mooie


Hoogte is kragtig. Hoe hoër ons saam met John klim, hoe dunner word die lug, hoe vinniger pomp ons harte en hoe swaarder haal ons asem. John, wat 20 jaar ouer as ons is, huppel rond soos 'n jong lammetjie. Hy het klaarblyklik al 'n klomp berge in sy leeftyd gesien. Dis die ander ding van hoogte. Hoe hoër jy klim hoe sterker word jy en hoe meer sien jy. Ons bereik uiteindelik die kruin en kry 'n nuwe perspektief van die skoonheid rondom ons. Ons kon sien waarvandaan ons gekom het en waarheen ons gaan.  


Ons praat nie net van mooi bome, berge en asemrowende valleie nie. Vandag is ons op 'n staptog saam met John om 'n nuwe perspektief op iets kragtigs te kry. Skoonheid, die kroon van God se skepping: die vrou. 


God het ons na Sy beeld geskape. Man en vrou, het Hy ons gemaak. John haal Genesis 1:27 aan as hy sê: “Geslag is net 'n gedeelte van hoe ons God se beeld uitdra, maar ook 'n belangrike deel.” Dis g'n wonder ons snak na asem as ons na 'n vrou kyk nie. Haar rondinge, kurwes en sagte vel is nie net God se idee nie, maar dit is God se beeld wat vertoon word. Sjoe! 


Toe God besluit het om Sy beeld, Sy kenteken, in Sy skepping te plaas, het Hy dit in twee dele gedoen: man en vrou. En soos jy seker weet, is die twee bedoel om een te word.


Tog dra baie van ons soveel seer, sonde en verwarring saam met ons as gevolg van ons verhoudings met vroue. Jy kan jou dalk vereenselwig met sommige van hierdie woorde: verwerping, verslawing, misverstande, goedkoop seks, verwydering, egskeiding, pornografie en egbreuk. Ons moet 'n blik kry op skoonheid. Kom ons vind 'n nuwe perspektief sodat jy kan sien waarvandaan jy kom en waarnatoe jy op pad is. Dit is die moeite werd om tot bo te klim. Nadat jy die begin van die derde aflewering gekyk het en vandag se Skrifgedeelte gelees het, beantwoord die volgende vrae: Wat is my ondervinding van vroue? Wat het my by vroue in die moeilikheid laat beland?


Kyk na vandag se video en begin om oor dit wat mooi is te dink.