'n Sorgvrye Lewe

Oordenking

Dit is die Avontuur


Wat is God besig om in jou te verander? Hoe maak Hy jou gereed vir 'n sorgvry lewe? Help Hy jou om 'n lewe van perfeksionisme vaarwel te roep? Vra Hy jou om jou drome na te jaag? Moet jy pornografie los? Dalk moet jy jou vrou beter dien? Staatmaak op Hom? Staatmaak op ander? Moet jy vriendeliker wees teenoor jouself? Moet jy toelaat dat God ou wonde genees? Moet jy dalk verslawing oorkom? Jy moet dalk leer om geduldiger teenoor jou kinders te wees. Dalk moet jy ophou om passief te wees? 


Dit is die avontuur. God is besig om jou valse selfbeeld stukkie-vir-stukkie af te breek sodat die ware jy na vore kan kom. Hy is 'n goeie Vader op wie jy kan vertrou. Jesus herinner ons in die Woord dat, as ons Hom vir 'n vis vra, Hy nie vir ons 'n slang sal gee nie. Jakobus herinner ons dat God ons nie sal veroordeel as ons Hom vir wysheid vra nie. Eldredge herinner ons dat as 'n seun van God, het jy hulp nodig, het jy vrae en maak jy foute. 


Jesus het vir ons 'n daaglikse gebed gegee vir hierdie avontuur. Dit word die Onse Vader genoem. Die eerste woorde is: “Ons Vader...”. Hierdie twee woorde herinner ons aan twee feite: Hy is die Vader en ons is Sy seuns. As gevolg van hierdie twee dinge, is die res van die gebed moontlik en maak dit die avontuur geloofwaardig.


Nadat jy vandag se video gekyk en die Skrifgedeelte gelees het, wy tyd aan gebed. Dank God vir die werk wat Hy besig is om in jou te doen. Vertel Hom van jou bekommernisse, versoekings en drome. Vertel Hom dan in liefde dat jy passievol is oor jou nuwe lewe. 

Kyk na vandag se video.