'n Sorgvrye Lewe

Bybeldagboek

Die Vraag

Ons is vier manne met totaal verskillende lewens. Ons verskil in ouderdomme, dinge waarvan ons hou, geliefdes, maniere waarop ons grootgemaak is en beroepe, maar ons het almal dieselfde vrae.
Daniel voel dat hy net die een voet voor die ander gesit het—skool, huwelik, beroep, kinders - en ewe skielik kyk hy rond en wonder: “Het ek 'n 'man' geword?”
Jason is 'n pa van vier, een van die dae vyf, het al tien jaar lank 'n gesin en 'n beroep, en het 'n soortgelyke vraag: “Ek doen dit, maar doen ek dit reg —en maak dit saak?”het geken/het geweet
Ryan is pas getroud en in 'n nuwe beroep, het sonder 'n pa grootgeword en net soos jy, wonder hy dalk ook: “Is ek opgewasse?”
Tanner is 'n vryskut filmmaker wat vir homself werk en probeer voorsiening maak vir sy vrou en kinders. Hy vra homself: “Is dit hoe dit moet wees?”


Ons het dus 'n veldgids gaan soek. Vir wie sal ons vra? Waar sal ons iemand soek? Ons het saamgestem dat ons 'n dapper man moes vra wat lief is vir Jesus, wat al pyn ervaar het, met integriteit en wat met uitsonderlike wysheid lewe. Ons wou iemand hê wat al langer en dieper as ons geleef het. Met kamera's in die hand het ons na John Eldredge gaan soek. Hy is 'n bekroonde New York Times besverkoper skrywer van "Wild at Heart"

John het al miljoene boeke aan manne verkoop wie se lewens geheel en al vrygemaak en verander is. Sy seuns sê hy is die ware Jakob. Sy vrou, Stasi, moedig hom aan en is baie lief vir hom. Hoekom? Wat is so besonders aan John? Wat weet hy wat ons nie weet nie? 


Wat is jou vraag? Gaan dink daaroor, bring dit saam en kom ons gaan soek antwoorde. 


Kyk na vandag se video om vir John te ontmoet en begin die eerste gesprek.

 Kry al die  Sorgvrye Lewe hulpmiddels.