'n Sorgvrye Lewe

Dag 10 van 12 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Die Avontuur


Om 'n sorgvrye lewe te lei gaan daaroor om met 'n vrye siel te leef. Dit gaan nie oor naweke in die buitelug nie. Dit gaan nie oor "jy lewe net eenkeer" nie, en dus net te doen wat jy wil nie. As jy dit al probeer het, sal jy weet dat dit jou soos 'n droewige sirkusdier laat voel; rigtingloos, vasgevang en net half-lewendig. Hierdie sorgvrye lewe gaan oor onwankelbare vertroue, genesing, liefde en doelgerigtheid. 


John stel dit so: “Elke keer wanneer God 'n man se lewe beetkry, lei Hy hom op 'n groot avontuur.” Hy is heeltemal reg. Kyk maar na Noag, Moses, Paulus, Petrus, Daniël, Josef en Jesus. 


Dink 'n bietjie na oor Jesus. Wat was Sy avontuur? Hy het dit in sy tuisdorp verkondig. (Lukas 4) Hy het in die sinagoge ingestap en gesê dat Hy gekom het om die gevangenes vry te laat, die blindes te laat sien en die verdruktes vry te maak. Is dit wild genoeg vir jou? Wel, net voor Jesus dit alles gesê het, het Hy Sy wildernis oomblik beleef.


Vroeër in Lukas 4 was Jesus in die woestyn waar hy getoets is. Hy het vir 40 dae nie geëet nie en Satan het Hom probeer verlei om sake in eie hande te neem. Jesus het die woestyn verlaat nadat Hy bewys het dat Hy Sy Vader totaal en al vertrou en verlaat so Sy wildernis om Sy "wilde" lewe binne te gaan. 


Jesus was nie die eerste persoon wat deur 'n moeilike tyd gegaan het voor Hy 'n goddelike avontuur beleef het nie. Moses, die Israeliete, Johannes die Doper, Josef en byna elke belangrike persoon in die Bybel, het 'n wilderniservaring gehad. Hoekom? Om iets besonders deur jou te doen, moet God iets besonders in jou plaas en die manier waarop Hy dit doen is dikwels deur middel van 'n wildernis seisoen in jou lewe. Hoekom? Soos Jesus openbaar het, is die wildernis die perfekte plek om te bewys dat jy totaal en al van jou Hemelse Vader afhanklik is. 


Jou wildernis is 'n tyd vir vrae vra en dalk ook lyding. Dis wanneer jy nie al die antwoorde het nie, dat jy leer om op God te vertrou vir al jou behoeftes. 


Nadat jy die vierde aflewering begin en vandag se Skrifgedeelte gelees het, beantwoord hierdie vrae: Het ek al 'n wilderniservaring gehad? Wat het God daar in my geplaas? Wat is my doelgerigte avontuur?


Kyk na vandag se video en begin om na te dink oor jou avontuur.