Leesplan inligting

Geen BerouVoorbeeld

No Regrets

DAG 1 VAN 5

Radikale Lewensverandering


Die lewe is 'n reis wat uit ons hande weggeruk kan word. Toe dit gelyk het of my lewe kortgeknip kon word, het ek gedink: "Daar is so baie dinge wat ek nog vir die Here wil doen en ek het nog nie al my take voltooi nie." Ek wil jou vra: Waaraan sal jy dink as jy uitvind dat jy nie meer lank gaan lewe nie? Wat sal jy nog graag wil afhandel? Glo my, jou visie sal verander wanneer jy besef daar is 'n moontlikheid dat jy nie meer lank hier gaan wees nie. Jy sal dinge wil finaliseer. Jy sal wil aandag gee aan dinge wat eenkant toe geskuif is as gevolg van tydsbeperking of verkeerde prioriteite. Wat is jou prioriteit? Indien jy nie gered is nie, moet redding jou hoofprioriteit wees.


Ons moet ook dink aan daardie mense wat weier om vir God te dien en hoe leeg hulle lewens is. Dit kan uiterlik voorkom of alles in orde is, maar hulle is in werklikheid innerlik dood. As jy gered is, moet dit jou grootste prioriteit wees om ander tot verlossing te lei deur jou persoonlike verhaal en die evangelie-boodskap met hulle te deel: oor die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus.


Doelbewuste Lewe:



  • Bekering is die eerste stap om 'n lewe sonder spyt te lei

  • Vertel aan ander jou lewensverhaal, want dit kan harte ontvanklik maak vir die waarheid

  • Deel jou geloof wanneer jy kan; die beloning is ewig

  • 'n Ware ontmoeting met God lei altyd tot 'n veranderde lewe

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

No Regrets

Hierdie kragtige daaglikse oordenkings verduidelik wat dit beteken om jou lewe sonder berou te leef. Word verfris en leer hoe om God te dien en te verheerlik asof dit jou laaste dag is. Die leesplan is gebaseer op die bo...

More

Ons wil graag Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/noregretskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid