Leesplan inligting

Geen BerouVoorbeeld

No Regrets

DAG 5 VAN 5

Saai Oorvloedig


Gedurende my siekte het ek en my man 'n entjie deur ons buurt gaan stap, en die wandeling het al die krag geverg wat ek bymekaar kon skraap. Toe ons terugkom en terwyl ek gerus het, het ek ingeasem en probeer om die lug vir vier tellings in te hou. My longe was egter te swak om dit te doen. Al wat ek kon dink was: "Vader, ek weet U kan."



Sedert God my vir die bediening geroep het, het ek vir baie mense se genesing gebid. Ek het vir geestelike genesing, fisieke genesing en emosionele genesing gebid en geglo dat God dit enige tyd kan doen. Ek glo vandag dat ek die vrugte pluk van my gebede vir genesing wat ek vir ander gebid het. Ek het dikwels gewonder wat sou gebeur as ek nie die gawes gebruik het wat aan my gegee is nie.



Selfs gedurende die tyd wat ek teen my siekte geveg het, het ek in my hart gevoel ek het nog baie om te gee, baie om voor te lewe en baie om na uit te sien. Ek weet ek het 'n oorvloedige oes van die Here ontvang. Ek het 'n tweede kans in die lewe gekry. Sy vriendelikheid is onverdiend, sy liefde eindeloos en sy genade 'n gratis geskenk.



Moenie wag nie. Doen vandag daardie dade van vriendelikheid, betaal vooruit en leef jou lewe sonder spyt.



Doelbewuste Lewe:



  • Wees 'n seën, want jy is geseënd

  • Deel nie net jou rykdom nie, maar ook jou geestelike gawes en talente

  • Verwag vermeerdering en betaal vooruit

  • Weet dat God die saad gee en Hy vermeerder dit om tot sy verheerliking te gebruik

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

No Regrets

Hierdie kragtige daaglikse oordenkings verduidelik wat dit beteken om jou lewe sonder berou te leef. Word verfris en leer hoe om God te dien en te verheerlik asof dit jou laaste dag is. Die leesplan is gebaseer op die bo...

More

Ons wil graag Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/noregretskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid