Leesplan inligting

Geen BerouVoorbeeld

No Regrets

DAG 2 VAN 5

Die Krag van Gebed

Ek het byna elke nag — die hele nag — op my gesig in gebed deurgebring. Ek het in wanhoop uitgeroep. Ek kon myself nie voorstel dat ek die wêreld nou kon verlaat nie. Ek kon myself nie voorstel dat ek my gesin moes agterlaat nie.


Wanneer jy volhard in gebed, is dit 'n seker erkenning aan die Here dat jy geen ander uitweg het nie, en Hy sal Hom deur jou algehele magteloosheid laat beweeg. As jy volhard in gebed, hou dit jou nederig.


'n Gesindheid van gebed sal jou help om al die berou in jou lewe met groter wysheid en begrip te oorkom en alles aan die Here oor te gee. Gebed beskerm jou hart teen sonde. Gebed maak jou oop vir leiding deur die Heilige Gees. Gebed help om jou te beskerm teen verkeerde keuses. Gebed help jou om voorbereid te wees vir goeie werke. Daar is groot krag in hartstogtelike gebed. Berou vermeerder deur ons swak oordeel of wanneer ons sondige besluite neem of verbintenisse maak. God het gebed in al die verskillende fasette as 'n pragtige vorm van kommunikasie met Hom aan ons geskenk sodat ons tot volwassenheid kan groei uit 'n lewe wat met berou gevul is.


E. M. Bounds het eenmaal gesê, en ek het uitgevind hoe waar dit is: "God wag dat sy kinders Hom deur gebed op die proef sal stel. Dit verheug Hom om ter wille van sy beloftes op die proef gestel te word. Dit is sy grootste vreugde om gebede te beantwoord om die betroubaarheid van sy beloftes te bewys."


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

No Regrets

Hierdie kragtige daaglikse oordenkings verduidelik wat dit beteken om jou lewe sonder berou te leef. Word verfris en leer hoe om God te dien en te verheerlik asof dit jou laaste dag is. Die leesplan is gebaseer op die bo...

More

Ons wil graag Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/noregretskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid