Leesplan inligting

Geen BerouVoorbeeld

No Regrets

DAG 3 VAN 5

Vergifnis is die Sleutel


Hoekom is vergifnis belangrik? Eerstens, ek en jy is vergewe. God het in sy Woord gesê dat Hy ons oortredinge so ver van ons sal verwyder as wat die ooste van die weste is. Dink aan 'n oneindige reguit lyn. Hoe groot is sy liefde! Wanneer ons Jesus aanneem as ons Here en Verlosser, is ons sondes vir ewig uitgewis en deur God vergete.


Sonde is swaar en bindend. Dit veroorsaak dood en niks goeds kan daaruit voortkom nie. Ons weet dat sonde vir 'n tydperk genot verskaf, maar dit kom altyd teen 'n koste. Die wonder van die evangelie is dat daardie sonde uitgewis word met eenvoudige, opregte sondebelydenis. Watter prys het God betaal vir die straf van jou en my sonde? Wat het God gedoen om die straf vir jou en my sondes te betaal? Ons weet die koste was Jesus Christus, sy eniggebore Seun, se dood aan 'n bebloede kruis. Sonde kom teen 'n hoë koste.


Vergifnis is bevrydend. Vergifnis sluit die boeie oop wat jou onder ander se invloed gevange hou. Vergifnis is die middel wat God toelaat om genesing en blydskap in ons innerlike te bewerkstellig. Jy is vry, wees dus gou om te vergewe.


Doelbewuste Lewe:



  • Vergifnis is 'n keuse en wilsbesluit, kies dus om te vergewe

  • Ons is gereinig en gewas as ons ons teenstanders vergewe. Daarom moet ons vasbeslote wees om elke dag met vergewensgesindheid teenoor oortredings te lewe.

  • God vergewe en vergeet, daarom moet ons ook; doen dit deur daardie gedagtes gevange te neem en met goeie gedagtes te vervang.

  • Geniet die hede ten volle deur mense uit jou verlede te vergewe. Kies om van daardie negatiewe emosies ontslae te raak deur hulle aan die voet van die kruis neer te lê.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

No Regrets

Hierdie kragtige daaglikse oordenkings verduidelik wat dit beteken om jou lewe sonder berou te leef. Word verfris en leer hoe om God te dien en te verheerlik asof dit jou laaste dag is. Die leesplan is gebaseer op die bo...

More

Ons wil graag Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/noregretskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid