Leesplan inligting

Geen BerouVoorbeeld

No Regrets

DAG 4 VAN 5

God van Tweede Kanse


Ricky Jackson het geen berou gehad nie. Hy is die man wat in 1975 onskuldig aangekla is vir die moord op Harold Franks buite 'n kafee, en is foutiewelik 'n vonnis van nege en dertig jaar opgelê. Jackson het 'n welverdiende tweede kans gekry. Hy kon nou soos 'n gewone burger lewe, in vryheid rondbeweeg waarheen en wanneer hy wil. Jackson se nederigheid, krag en gewilligheid om te vergewe, bevestig die soort man wat hy werklik is. Hy kan 'n gelukkiger lewe lei noudat hy 'n tweede kans gekry het.


God is die God van tweede kanse. Hy gee vir elkeen wat wedergebore is 'n tweede kans. Hy het ons heeltemal verander; al ons sondes van die verlede is vergewe, ons lewens is volkome herstel tot 'n verhouding met Hom, en ons het die grootste tweede kans ontvang om goed te kan lewe.


Ek moedig jou aan om die nodige veranderinge in jou lewe aan te bring om jou lewe die moeite werd te maak: evalueer jou lewe, identifiseer die dinge wat moet verander, en bring dan die veranderinge aan. Groei in geestelike volwassenheid en leer om in die Gees en geloof te wandel.


Ek moedig jou aan om vandag vir Jesus te lewe, want ons is nie seker van 'n môre nie.


Doelbewuste Lewe:



  • Bring die nodige veranderinge aan en vergeet wat nie verander kan word nie

  • Kies om versigtig oor jou doel en missie te dink

  • Groei in jou geestelike wandel en leer om in God te bly

  • Wees vinnig om die Here in alles te gehoorsaam

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

No Regrets

Hierdie kragtige daaglikse oordenkings verduidelik wat dit beteken om jou lewe sonder berou te leef. Word verfris en leer hoe om God te dien en te verheerlik asof dit jou laaste dag is. Die leesplan is gebaseer op die bo...

More

Ons wil graag Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/noregretskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid