Leesplan inligting

Dankie, Here!Voorbeeld

Dankie, Here!

DAG 7 VAN 7

Toegewy aan God

Wanneer ons alles wat ons het, toewy aan die Here, seën Hy dit – en vermeerder dit selfs – soos Hy gemaak het met die vyf brode en twee vissies (Markus 6:30-44).

Elke oggend wanneer ons saam ontbyt eet, breek ek en my vrou brood. Dis reg, ons vier elke dag die heilige nagmaal. God seën wat ons eet en wat ons doen. Ons bid om die Here se seën voor ons eet, en daarom kan ons ons kos heelhartig geniet.

Ons moet ’n gewoonte daarvan maak om die Here te dank vir alles wat ons het. Voor ons op ’n toer vertrek, dank ons God en vra Hom om ons te beskerm. Voor ons ’n saketransaksie sluit, bid ons daaroor. Voor iemand ’n werk aanvaar, bid ons vir hulle sodat God hulle werk kan seën en voorspoedig maak. Maak dit ’n gewoonte om elke aspek van jou lewe aan die Here te wy. Hy sal die res doen.

Hierdie oordenkings is geneem uit OP PAD MET GOD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dankie, Here!

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aa...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid