Leesplan inligting

Dankie, Here!Voorbeeld

Dankie, Here!

DAG 3 VAN 7

Ons lewende God

Ons kan na die mees afgeleë plekke gaan waar mense nog nooit ’n sendeling gesien of van een gehoor het nie en die mense daar vra of daar ’n God is, en hulle sal vir jou sê daar is ’n groot Wese of ’n Skepper. ’n Mens wat nie kan lees of kan skryf nie weet daar is ’n God, want God het die idee van die ewigheid in die mens se hart geplant. Mense het vir Albert Einstein – een van die grootste wetenskaplikes van alle tye – gevra en hy het gesê daar is beslis ’n God.

Jy vra dalk waar is hierdie God van wie ek altyd praat. Ek wil vir jou sê, ek sien die Here vroeg in die oggend wanneer die son opkom. Wanneer ek ’n land vol mielies geplant het en ek sien die plantjies deur die grond breek – die wonderwerke van nuwe lewe – weet ek my Verlosser leef. Wanneer ek ’n paartjie sien wat pas verlief geraak het en hoe hulle in absolute verwondering na mekaar kyk, sien ek die Skepper.

Daar is geen twyfel nie – ons het ’n God en daardie God het op die aarde geloop. Dis reg, Hy het op die aarde geleef om vir ons te wys en te bewys Hy is ’n Vriend wat nader is as ’n broer, en Hy kom binnekort terug om ons vir altyd in die ewige paradys by Hom te laat leef. Gaan vandag uit en dank God vir alles wat Hy gedoen het.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dankie, Here!

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aa...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid