Leesplan inligting

Dankie, Here!Voorbeeld

Dankie, Here!

DAG 5 VAN 7

Integriteit

In Lukas 17:17-18 lees ons Jesus het opgemerk: “Was daar dan nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God te loof behalwe hierdie vreemdeling nie?” Daar was tien melaatses wat gesond gemaak is, maar net een het teruggekom om dankie te sê, en hy was nie eens ’n Jood nie – hy was ’n Samaritaan.

Ongelukkig gebeur dit dikwels dat ongelowiges ons Christene in die skande steek wanneer dit kom by dinge soos goeie maniere, integriteit, eerlikheid en dankbaarheid. Ons moet werklik leef wat ons glo. Ons moet met integriteit leef.

Baie jare gelede het ek die voorreg gehad om Pat Robertson te ontmoet en Regent-universiteit te besoek. Ek het ’n interessante verhaal gehoor. ’n Jong student het aansoek gedoen vir ’n beurs om by dié vooraanstaande instelling te studeer. Hy is toe per brief in kennis gestel dat hy aanvaar is. Hy was uiteraard in die wolke daaroor. Hy het sy tasse gepak en by die groot kampus aangekom om te registreer, maar die dame by ontvangs het hom meegedeel dat hy ongelukkig afgekeur is. “Waarom?” het hy gevra. “Want jy het nie dankie gesê nie.”

Ons moet werklik aandag gee aan ons maniere. Ons moet let op ons optrede. Gaan vandag uit en laat jou optrede getuig wie jy is.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dankie, Here!

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aa...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid