Leesplan inligting

Dankie, Here!Voorbeeld

Dankie, Here!

DAG 2 VAN 7

Wat is die mens?

Vroeg een oggend voor die son opgekom het, het ek met my bergfiets gaan ry. Ek het in die lug opgekyk. Wat ’n pragtige lug vol sterre … ek het my verwonder aan die suiderkruis en al die ander sterre. Dit het my net weer herinner dat God getrou is; Hy is so betroubaar en onbegryplik groot!

Dit het my herinner aan jare gelede toe ek in Sentraal-Afrika was. Ek was daar saam met ons span om die evangelie aan ’n onbereikte groep mense te bring. En daar, in die middel van ’n groot bos, laat een nag, het ek uit my klein tentjie geklim en in die lug opgekyk. Ek kon die suiderkruis sien met sy twee punte regs wat gewys het in die rigting waar my dierbare vrou en klein kindertjies op die plaas Shalom was. Hulle was nou veilig toegemaak in hulle beddens en die Heilige Gees was daar by hulle. Ek het ’n gevoel van vrede ervaar.

Ek wil hê jy moet weet ek het God baie lief. Ons as mense moenie met God argumenteer nie. Hy is in die hemel en ons is op die aarde. Wees lief vir God en wees dankbaar vir alles wat Hy vir jou gedoen het.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dankie, Here!

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aa...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid