Leesplan inligting

Dankie, Here!Voorbeeld

Dankie, Here!

DAG 6 VAN 7

Jobstroosters

As jy niks goeds oor iemand kan sê nie, sê liewer niks. Die waarheid is dat een negatiewe woord iemand kan afbreek net soos een bemoedigende woord ’n persoon kan opbou. Ek het in die woordeboek gekyk wat die letterlike betekenis van die woord “Jobstrooster” is. Dit is iemand wat ’n persoon ná die tyd slegter laat voel oor dit waardeur hulle gaan, terwyl hulle hulle eintlik wou troos. Net soos Job se vriende. Job se vriende het hom nie regtig getroos nie, nie waar nie?

Dit is nodig dat ons mekaar moet aanmoedig. As jou vrou vir jou ’n heerlike bord kos gemaak het, moenie van die tafel af opstaan en sê: “Baie dankie, dit was lekker; net jammer jy het die aartappels verbrand” nie. Of wanneer jou man vir jou ’n bos blomme bring: “Baie dankie, liefling, maar dis nie my gunsteling blomme nie.” Wat help jou dankie dan? Ons moet mekaar aanmoedig en opbou. Daar is genoeg pyn in die wêreld; ons hoef nie nog by te voeg nie.

Die Here roep ons om aanmoedigers te wees. Bou ander op. Bel vandag iemand en sê: “Ek wil jou net laat weet ek waardeer jou vriendskap ongelooflik baie.” En wanneer ’n vrou verbystap, sê: “Ek hou baie van die rok wat jy aanhet.” Dit sal haar dag maak. Wees vandag ’n aanmoediger – nie ’n Jobstrooster nie.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dankie, Here!

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aa...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid