Leesplan inligting

Dankie, Here!Voorbeeld

Dankie, Here!

DAG 4 VAN 7

’n Gebed van geloof

Ons het meer geloof nodig om een dag op ’n slag te leef, nie waar nie? Volgens Jesus moet ons in geloof bid en Hy sal in al ons behoeftes voorsien – nie ons begeertes nie, maar ons behoeftes.

Ek wil jou vandag vra of God dan nie jou gebede kan antwoord soos Hy Elia s’n geantwoord het nie? Kan Hy nie in jou behoeftes ook voorsien nie? Die Bybel sê Elia was ’n mens net soos ons. Daar was niks bonatuurliks aan hom nie, maar hy het die gebed van geloof gebid. Dis belangrik, God antwoord nie enige gebed nie – Hy antwoord ’n gebed van geloof.

Bid daarom vandag in geloof en vra God om jou geloof te vergroot sodat jy groot dinge van Hom kan vra. Wanneer jy Hom gevra het, begin om Hom te dank en laat Hy die res doen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dankie, Here!

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aa...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid