Leesplan inligting

Goddelike LeidingVoorbeeld

Divine Direction

DAG 7 VAN 7

Vertrou


Ek woon in Oklahoma, waar die weer baie vinnig en drasties kan verander. Een jaar gedurende Maart, het ons die mooiste, sonnigste lentedag gehad met 'n maksimum temperatuur van 28 ⁰C. Net die volgende dag het die sneeu 7 cm diep gelê. So dramaties soos daardie verandering was, kan dit nie naastenby vergelyk word met die tornado seisoen nie. Storms verskyn sommer vanuit nêrens.


Net soos dit ook in ons lewens gebeur.


Ek het onlangs by my seun se sokkerwedstryd met 'n vrou gesels wat sukkel met 'n paar gesondheidsprobleme. Sy het verduidelik hoe sy jare gelede naby aan God gelewe het en gewoonlik ook baie betrokke was in die kerk. Maar toe sy deur 'n paar baie moeilike beproewings gegaan het, het sy bevraagteken waarom God dit toelaat. Sy het teen die trane geveg terwyl sy sê: "Hoe kan ek 'n God aanbid wat ek nie kan vertrou nie?"


Sal ons vertrou dat God goed is selfs wanneer die lewe nie goed is nie?


Hierdie vrou se vraag is die kern van een van die lewe se grootste keuses. Sal ons vertrou dat God goed is selfs wanneer die lewe nie goed is nie? Ons reaksie op pyn en uitdagings, bepaal so baie van ons toekoms.


Die aard van geloof is dat ons op iets — of iemand — vertrou, wat nie altyd volgens menslike standaarde voorspelbaar of verstaanbaar is nie. As ons eerlik moet wees, wil die meeste mense onweerlegbare bewyse hê van God se welwillende teenwoordigheid in hul lewens.


Dit is nie 'n nuwe ding nie. Onthou jy vir ongelowige Tomas? Nadat Jesus aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan het, het Tomas gesê hy sal dit nie glo nie, tensy hy bewyse sien. In plaas daarvan dat Jesus kwaad geword en hom verwerp het vir sy ongeloof, het Hy, vol genade, vir Tomas sy spyker-deurboorde hande gewys.


Onthou jy die dissipels in die storm? 'n Hewige stormwind het opgekom en die golwe het teen die skuit gebreek, met die gevolg dat die skuit vol water begin word het. Markus 4:37. Die dissipels was egter nie alleen in die storm nie. Markus herinner ons in die volgende vers dat Jesus agter in die skuit gelê en slaap het.


Met Jesus in jou boot, kan die storms jou moontlik nog rondskud, maar jy sal nie sink nie.


Mense soos ek en jy, die vrou by die sokkerwedstryd, Tomas, en die dissipels, is geneig om te dink dat ons nie deur 'n storm sal gaan as God regtig met ons was nie. Maar dit is nie waar nie. Met Jesus in jou boot kan die storms jou moontlik nog rondskud, maar jy sal nie sink nie. Hy is met jou, in 'n lente reënbuitjie, sowel as in die ergste tornado denkbaar.


Nie net is Hy met jou nie, Hy is vír jou. En as Hy vír jou is, wie kan dan teen jou wees? Vertrou God met alles wat jy Hom nie voorheen mee vertrou het nie. Vertrou Hom met jou toekomstige huweliksmaat. Vertrou Hom met jou kinders. Vertrou Hom met jou loopbaan. Vertrou Hom met jou gesondheid. Vertrou Hom met jou finansies.


Vertrou Hom sonder beperkinge.


Dis dit.


Bid: Hemelse Vader, Ek vertrou U met waarmee ek sal begin of waarmee ek sal eindig. Ek vertrou U met waar ek sal bly of gaan. Ek vertrou U genoeg om my lewe te gee om ander te dien en met ander mense kontak te maak. Ek vertrou ook dat U te midde van my lewensstorms, met 'n doel teenwoordig is. Dankie dat U met my is, my voetstappe rig, en my goddelike leiding gee. Amen.



Vind meer uit oor my boek "Divine Direction".


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Divine Direction

Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior p...

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeschel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid