Goddelike Leiding

Oordenking

Begin 


Elke dag maak ons keuses wat ons lewensverhaal skryf. Hoe sal jou lewe lyk as jy goddelike beginsels gebruik om jou keuses te maak? Gedurende die komende week gaan ons die sewe beginsels uit my boek "Divine Direction" verken om jou te help om God se wysheid te vind vir jou daaglikse besluite.


As iemand jou sou vra om jou lewensverhaal te vertel, wat sal jy sê?


Jy mag dalk begin met waar jy gebore is en hoe jy grootgemaak is. Jy mag dalk jou eerste liefde noem. Miskien praat jy van die groot skuif wat jou gesin gemaak het of toe jy universiteit toe gegaan het. As jy getroud is sal jy dalk noem hoe jy jou lewensmaat ontmoet het. As jy nie getroud is nie sal jy dalk beskryf hoekom nie. As jy 'n ouer is, sal jy dalk die foto's op jou selfoon deurkyk en 'n bietjie met jou familie spog. Of miskien sal jy jou loopbaan beskryf. Wat behels jou verhaal?

Die meeste van ons het hoofstukke wat ons liewers nie met enigiemand sal deel nie. Miskien is jy nou op 'n plek waar jy nooit gedink het jy sou beland nie. Jy het nie bedoel om dit op te mors nie, maar jy het. Jy het besluite geneem wat jou verder geneem het as wat jy ooit bedoel het. Jy het dinge gedoen wat jou meer gekos het as wat jy ooit gedink het om te betaal. Jy het mense seergemaak. Jy het jou waardes in gedrang gebring. Jy het beloftes verbreek. Jy het dinge gedoen wat jy nie ongedaan kan maak nie.


Jou verhaal is nie verby nie. Dis nie te laat om jou verhaal wat jy eendag gaan vertel te verander nie.


Daar is goeie nuus: Jou verhaal is nie klaar nie. Dis nie te laat om jou verhaal wat jy eendag gaan vertel te verander nie. Ongeag wat jy gedoen (of nie gedoen het nie), jou toekoms is nog ongeskrewe. Daar is nog baie oorwinnings wat voorlê, meer vriende om te ontmoet, meer verskille om te maak, meer van God se goedheid om te ervaar. Ongeag of jy tot dusver van die storielyn hou of nie, met God se hulp kan jy jou verhaal herskep in iets waarop jy trots kan wees om te vertel.


Hier is een manier hoe om jou verhaal te verander: begin iets nuuts.


Dit maak nie saak hoe onseker, bang, of vasgevang jy juis nou mag voel nie, jou verhaal gaan vandag verder. Waarmee sal jy dus vandag begin? Daagliks saam met jou lewensmaat bid? Elke dag 'n YouVersion Leesplan lees? Gaan vir berading oor 'n onopgeloste probleem? Met groter vrygewigheid of ruimhartigheid begin lewe? By jou kerk of in jou gemeenskap begin dien? Dis nou 'n goeie tyd om dit neer te pen. Maak jou notaboek oop en skryf jou gedagtes neer. Moet dit nie te veel oordink nie. Neem wel 'n oomblik om dit neer te skryf. Slegs 'n sin of twee.


Vra jouself: Wat moet ek begin doen sodat ek kan beweeg in die rigting van die lewensverhaal wat ek wil vertel?


Leer meer aangaande my boek, "Divine Direction".


Hierdie Leesplan is aangepas uit die boek, "Divine Direction", met toestemming van Zondervan. Die inhoud is verander ter wille van bondigheid.