Leesplan inligting

Here, Ek Wil Sien!Voorbeeld

Here, Ek Wil Sien!

DAG 7 VAN 7

DAG 7 Jesus hoor jou

"Jesus vra vir hom: 'Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?' 'Rabboeni,' sê die blinde man vir Hom, 'dat ek kan sien'” (Markus 10:51).

Het jy geweet dat selfs gelowiges soms verhoed dat mense by Jesus kan uitkom?

Dink maar aan die kere toe jy die bedelaar weggejaag het en toe jy ongeduldig was met die kassiere by die toonbank. Onthou jy die keer toe jy voor iemand anders se motor ingeswaai het omdat jy haastig was? Daar is ook die kere toe jy leuens oor iemand anders vertel het en jy nie jou vriend saamgenooi het nie omdat jy jou vir hom geskaam het. Die lys kan lank raak.

Hierdie verhaal in Markus 10 vanaf vers 46 gryp my aan die hart. Ons lees van die blinde Bartimeus wat langs die pad gesit en bedel het. Toe Jesus daar verbykom, het hy hard geskree na Jesus om sy aandag te kry. Die mense was kwaai met hom en het hom probeer stilmaak. Gelukkig het hy nie ophou probeer om Jesus se aandag te kry nie. Jesus het gaan stilstaan en het Bartimeus nader geroep.

Jesus vra hom toe: “Wat wil jy hê moet Ek doen?” En die man antwoord: “Rabboeni, dat ek kan sien!” (Markus 10:51). Die woord "Rabboeni" is ‘n erkenning dat hy Jesus sien as sy Heer en Meester. Hy verklaar met hierdie woord sy onderdanigheid aan die Vader. In nederigheid vra hy ook genade van Jesus, want hy weet hy verdien nie enige iets nie.

Bartimeus het nie moed opgegee nie. Sy geloof het hom gedetermineerd gemaak om by Jesus uit te kom. Hy het erken dat Jesus die Seun van God is en omdat hy geglo het, het hy Jesus kinderlik met sy grootste versugting vertrou: “Here, dat ek kan sien!”

Wat is jou grootste versugting vandag? Is dit genesing van jou siekte of is dit ‘n huis om in te bly? Is dit dat daar vrede in jou huis moet wees of is dit vir finansiële uitkoms? Bring dit voor God. Hou aan en aan vra. Jy mag Hom enige iets vra. Jy is spesiaal vir Hom. Hy sal jou stem ken en hoor te midde van die geraas in die wêreld en ten spyte van die situasie waarin jy nou is en selfs al probeer mense jou stilmaak.

Glo, roep Hom aan en weet Hy sal jou hoor. Sy antwoord is net jou roepstem ver. Hy wil jou so graag help om sy liefde met alle mense te deel.

Gebed: Here, ek wil sien! Ek wil sien hoe u genade my oorspoel. Ek wil sien hoe U my wys waar ek iemand kan help en waar U my nodig het. Ek wil sien hoe U my red van verkeerde besluite en dade. Dankie daarvoor, my Hemelvader. Amen.

Markus 10:51

Psalm 116:1-10

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Sien!

BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid