Leesplan inligting

Here, Ek Wil Sien!Voorbeeld

Here, Ek Wil Sien!

DAG 5 VAN 7

DAG 5 Heer, maak my weer soos 'n kind

"En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word" (Matteus 18:9).

Kinders kan tog so maklik stry oor wie se pa of ma die sterkste, rykste of belangrikste is.

In Matteus 18 gaan dit daaroor dat die dissipels vir Jesus gevra het wie die belangrikste in die koninkryk van die hemel is. Ek en jy weet dis Jesus Christus. Maar vir die dissipels het Jesus toe ‘n pragtige voorbeeld gegee.

Hy het een van die kinders nader geroep en vir die dissipels gesê: "As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie” (Matteus 18:3).

Dit gaan hier glad nie daaroor dat kinders sonder sonde is nie, maar daaroor dat kinders onbevange glo en nie verskuilde agendas het nie. Hulle is nederig, onskuldig en steur hulle nie aan dinge soos status en geld nie. In daardie tyd van die Bybel was kinders mense se besittings en niemand het hulle as belangrik beskou of ernstig opgeneem nie. Maar Jesus wou juis wys presies hoe belangrik kinders vir Hom is! Daarom sê Hy dat ons as grootmense ons as’t ware moet bekeer en soos klein kindertjies moet word voordat ons in God se koninkryk kan ingaan.

Ons hoef nie regtig fisies ons arms af te kap of ons oë uit te pluk nie. Jesus wou met hierdie beeld wys hoe maklik ons verlei word en hoe moeilik dit is om nie sonde te doen nie. Hy ag egter die onskuld van klein kindertjies so hoog dat Hy sê ek en jy moet ook soos hulle raak: opreg.

Soms voel ons mense kom ons te na en maak ons seer. Jesus sê ook in hierdie gedeelte dat Hy self met diegene sal afreken wat sy kinders seermaak. Ja, almal wat Hom aangeneem het, is kinders van God. Los dus liewer jou wraakgedagtes. Los jou jaloesie. Laat Jesus jou saak vir jou oplos.

Mag my en jou hele lewe daaroor gaan dat ons soos Jesus wil wees. Vra Hom om jou te vergewe vir al jou verkeerde dinge en kies dan om jou onvergewensgesindheid, woede, jaloesie, gierigheid of watter dinge ook al jou verhinder om naby God te leef, af te lê.

Hou jou oog op Jesus gevestig (Hebreërs12:2). Weet dat Hy die Begin en Voleinder van die geloof is.

Gebed: My Hemelvader, maak my vandag soos ‘n klein kindjie. Help my om U blindelings te vertrou. Maak my asseblief opreg sodat ek nie een van u kinders kwaad sal aandoen nie. Amen.

Matteus 18:1-9

Hebreërs 12:2-7

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Sien!

BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid