Leesplan inligting

Here, Ek Wil Sien!Voorbeeld

Here, Ek Wil Sien!

DAG 4 VAN 7

DAG 4 Ek was blind, maar kan weer sien!

"Hulle ondervra die man toe weer: 'Sê vir ons, wat dink jy van Jesus? Jy behoort mos te weet, want dit is jou oë wat hy gesond gemaak het.' 'Hy’s ‘n man van God, ‘n profeet,' kom die kort, maar kragtige antwoord" (Johannes 9:17 DB).

In hierdie gedeelte sien ons weer dat Jesus Hom nie steur aan die reëls en wette van die Fariseërs nie. Hy het die nood van iemand raakgesien en het Hom dadelik gesond gemaak. ‘n Man wat van sy geboorte af blind was, kon weer sien. Sien ek en jy nog ander se nood raak? Kan ons verby die sogenaamde norm kyk en hulp verleen ongeag wat ander van ons sê?

Jesus wys ons dat Hy van verskillende metodes gebruik maak om mense gesond te maak (hier het Hy op die grond gespuug en dit op die man se oog gesit. Toe moes hy hom in die rivier gaan afwas). Soms spreek Hy net ‘n woord. Wanneer jy Hom aanroep, weet Hy presies wat jy op daardie oomblik nodig het.

Roep jy ook vandag vir Jesus in jou blinde nood? Waarvan wil jy hê moet Hy jou genees? Dalk van jou opvlieënde humeur of jou verslawing aan dwelms, pornografie of dobbel. Dalk bid jy vir die behoud van jou huwelik of vir jou finansiële krisis. Miskien ly jy aan ‘n ernstige siekte of dalk is jy net vreeslik eensaam. Miskien bid jy vir die bekering van jou kind of jou eggenoot.

Jy hoef nie langer alleen by jou stadsmuur te sit en huil nie. Jy hoef nie langer bang, eensaam of alleen te voel nie. Daar is altyd uitkoms by Jesus. Ons God is die Een wat nuut kan skep, maar Hy kan ook genees en weer opbou.

Jesus Christus is net ‘n uitroep ver. Sien in jou geestesoog hoe Hy sy hand na jou toe uitsteek. Glo dat Hy jou wil help en laat Hom toe om jou hart en lewe weer nuut te maak. As jy Hom aanroep, gee God jou die reg om sy kind genoem te word (Johannes1:12,13).

Ag, ek bid dat jou getuienis oor Jesus ook dieselfde sal wees as dié van hierdie blinde man van Siloam: “Hy’s ‘n man van God, ‘n profeet.” Mag jy sommer nou kliphard uitroep: "Dit is Hý wat my gesond gemaak het!"

Gebed: My Hemelvader, ek loof u naam vir genesing. Open asseblief vandag my oë sodat ek sal raaksien dat U die God is wat kan gesond en heel maak. Gee dat ek hardop sal getuig van u wonderdade in my lewe, maar dat ek nie sal huiwer om ook ander te help wat in nood is nie. Amen.

Johannes 9:17

Johannes1:12,13

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Here, Ek Wil Sien!

BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid