Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 8 VAN 10

"Ray Lewis Plaas Verwysing van Bybelvers op T-hemp en Skoene Terwyl Hy Ravens na die Super Bowl Oorwinning Lei"



Super Bowl XLVII (3 Februarie 2013): Baltimore Ravens 34, San Francis se 49's 31



Daar was geen tekort aan slim byname vir die Super Bowl XLVII nie. Die "Bro Bowl,” “Harbaugh Bowl,” “HarBowl,” en “Super Baugh” was onder die voorkeurbenamings hoe beide verslaggewers en aanhangers eer betoon het aan die eerste wedstryd tussen opponerende afrigters wat ook broers was - Baltimore se John Harbaugh en San Francisco se Kim Harbaugh.



Uiteindelik het die fokus van gesprekke teruggekeer na die veld waar die steratlete soos die Ravens se balontvanger, Anquan Boldin en die 49's se agterspeler, Colin Kaepernick, gereed was om uit te blink.



Aanvanklik het dit gelyk of Baltimore die kampioenskap ver sou wen. Teen halftyd was die Ravens ver voor met 21-6 en het die voorsprong onmiddellik uitgebrei met hulle afskop in die derde kwart, danksy Jacoby Jones se 99-meter omkeer.



Met die volgende dryfbeweging het die Superdome-stadion se ligte onverklaarbaar afgegaan, wat 'n oponthoud van 45 minute veroorsaak het. Nadat spel weer kon voortgaan, het San Francisco die opponente se momentum gebreek en 'n merkwaardige terugkeer georkestreer wat tot een van die opwindendste eindpogings in Super Bowl geskiedenis gelei het.



Laat in die vierde kwart, was die 49's met 34-29 agter en het vier kanse gehad om die wenpunte vanaf die Ravens se 6,5 meterlyn, aan te teken. Baltimore se verdediging, geanker deur die legendariese agterlyn verdediger, Ray Lewis, het egter sterk gestaan, om so hul tweede Super Bowl titel te verower.



Teen die einde van die wedstryd, het Lewis sy trui en skouerkussings uitgetrek om 'n swart hemp te ontbloot met "Psalm 91" op die voorkant gedruk. Op sy skoene was dieselfde teksverwysing waarna dikwels verwys word as "Die Psalm van Beskerming." Lewis het bekend geword vir die laaste gedeelte wat hy openlik aanhaal:



"'n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly" (Psalm 91:16).



Vir Lewis het die hele Psalm diepe betekenis gehad. Vir 13 jaar was hy 'n omstrede figuur in die NVL. Lewis se loopbaan het byna in duie gestort na 'n Super Bowl partytjie in Atlanta toe 'n geveg ontstaan het waarin twee jong manne tragies oorlede is. Hy en twee vriende het tereg gestaan op aanklag van moord en verswarende aanranding. Die klagtes teen hom is laat vaar nadat hy ingestem het tot 'n mindere aanklag en om teen die ander manne te getuig.



Sedertdien is Lewis deur 'n lang proses van sielsondersoek wat daartoe gelei het dat hy omvattende veranderinge in sy lewe gemaak het. Hy het 'n geestelike vernuwing deurgegaan waarna hy hom toegewy het om ander te help om nie dieselfde foute as hy te maak nie.



"Moenie dieselfde pad as ek loop nie, want nie almal sal dit regkry nie," het Lewis aan die New York Times gesê. "Jy moet bereid wees om deur 'n storm te gaan. Dit is wat ek altyd vir mense sê. As daar iets in jou lewe is wat verandering nodig het, maak seker dat jy dit verander voor God dit vir jou doen. Glo my, as God die verandering aanbring, gaan jy nie daarvan hou nie."



Vir Lewis was Psalm 91 selfs nog meer toepaslik weens die verband wat hy met die psalmskrywer gevoel het. Hy kon saamvoel met koning Dawid se morele mislukkings en die bewustheid dat hy van sy sonde moes wegdraai en God dien.



"Die op- en afdraendes en wipplankryery in my lewe gedurende die afgelope 17 jaar, het my laat besef jy moet 'n veilige ruimte vind," sê Lewis. "Jy moet daardie stil plek in jou denke kry, en elke keer wanneer ek die Bybel lees, is Psalm 91 eerste daar."
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid