Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 6 VAN 10

"Rooiletter Bybelvers Help Tony Dungy Perspektief Behou na Historiese Super Bowl Oorwinning"



Super Bowl XLI (4 Februarie 2007): Indianapolis Colts 29, Chicago Bears 17



Op die een of ander wyse, sou geskiedenis gemaak word. Óf Tony Dungy óf Lovie Smith sou die eerste Afro-Amerikaanse hoofafrigter word om 'n Super Bowl titel te wen.



Dungy het die Indianapolis Colts na hul eerste NVL-kampioenskap wedstryd binne 36 jaar gelei, en ook die eerste sedert hulle in 1984 van Baltimore verskuif het. Net so, het Smith die Chicago Bears na 'n 21-jaar NFC titeldroogte terug na bekendheid gelei.



Voor 'n wenner egter gekroon kon word, is beide spanne gedwing om reënerige toestande in Miami te trotseer—iets wat nooit voorheen by die Super Bowl gebeur het nie. 'n Ander geskiedkundige eerste was Devin Hester se openingsafskop wat ten gunste van 'n doel omgekeer is, wat die Colts weer op dreef gekry het. Die Bears se viering was egter van korte duur. Die agterspeler Peyton Manning, het stelselmatig 226 meter gevorder en 'n doel aangeteken om Indianapolis na 'n gemaklike 29-17 oorwinning te lei.



"Ek is trots daarop om die eerste Afro-Amerikaanse afrigter te wees wat hier wen," het Dungy gedurende die trofee-seremonie gesê. "Maar, bo en behalwe alles is ek en Lovie Smith nie net Afro-Amerikaanse-, maar ook Christen-afrigters. Dit wys jy kan dit op die Here se manier doen en ons is meer as trots daarop."



Dit was eintlik die tweede keer wat Dungy die titel gewen het. Sy eerste kampioenskap was gedurende die Super Bowl XIII as speler vir Pittsburgh Steelers. Hierdie keer was dit, danksy die geskiedkundige aard van sy prestasie, verskillend en selfs nog meer spesiaal. Een ding wat egter nie verander het nie, was Dungy se karakter en sy begeerte om Christelike beginsels in sy afrigting toe te pas. Na 'n verdere twee seisoene, het hy besluit om af te tree en het hy sy fokus na sy familie en doelstellings in die bediening verskuif.



In 2016, toe Dungy in die Pro Voetbal Prestasierol ingelyf is, het hy mense 'n kykie gegee hoe dit vir hom moontlik was om tydens die hoogtepunt van sy loopbaan uit te tree, terwyl hy nog in sy vroeë vyftigerjare en 'n redelike jong NVL-hoofafrigter was. Dit het in die vorm van 'n Bybelvers gekom wat sy ma (nou reeds oorlede) dikwels vir hom as seuntjie aangehaal het.



"Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor..." (Matteus 16:26)



"Ek weet ook dat sy gelukkig is in die wete dat haar seun nooit daardie vers vergeet het nie," het Dungy aan die gehoor vertel.



"Die Here het my waarlik oor die afgelope 31 jaar in die NVL op 'n wonderlike reis geneem, soms deur tydelike teleurstellings en soms deur ongelooflike vreugdes," het hy bygevoeg. "Ek koester elke enkele verhouding wat ek oor die loop van 31 jaar kon vorm en ek sal altyd dankbaar wees teenoor die Nasionale Voetballiga wat my lewenstaak aan my gegee het."
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid