Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 7 VAN 10

"Bybelvers Dryf David Tyree aan tot Super Bowl Beroemdheid"



Super Bowl XLII ( 3 Februarie 2008): New York Giants 17, New England Patriots 14



In die dae wat die Super Bowl XLII voorafgegaan het, het die meeste verslaggewers, kenners en ondersteuners oor New England se onoorwonne seisoen gepraat, asook die sterbelaaide span wat Tom Brady, die superster agterspeler en veelberoemde afrigter Bill Belichick ingesluit het. Sou dit moontlik wees vir die Patriots om die eerste NVL-span in die geskiedenis te word om 'n 19-0 telling aan te teken?



Daar is ook oor die New York Giants bespiegel en hul onwaarskynlike insluiting as die vyfde gekeurde NVL-uitnodigingsspan in hierdie groot wedstryd. Sou dit vir die agterspeler Eli Manning en veteraan hoofafrigter Tom Coughlin moontlik wees om teen alle verwagtinge in 'n oorwinning te behaal?



Niemand het aan die reserwe speler, David Tyree, die wye-ontvanger en spesiale speler van die Giants, gedink nie. Tot op daardie tydstip her Tyree maar net vier aangeë oor 32 meter gevang en geen doele aangeteken nie. Te wyte aan 'n gebreekte pols, het hy ook die eerste vier wedstryde van die seisoen misgeloop. Niemand het rede gehad om te vermoed dat Tyree enige noemenswaardige invloed op die wedstryd sou hê nie. Ondanks hierdie feite, het hy die wedstryd binnegekom met die hoop om op een of ander wyse 'n verskil te maak.



Aanvanklik het dit nie gelyk of enigiets spesiaal sou gebeur nie, maar met slegs 11:05 minute in die wedstryd oor, het Manning die bal in die eindsone aan Tyree gegooi, wat tot 'n 4-meter doel gelei het en die Giants so met 10-7 laat voorloop het. Heelwat later in die vierde kwart, het die Patriots weer die voortou met 14-10 geneem. Met net 'n bietjie meer as twee minute speeltyd oor, het die Giants een laaste kans gehad om die grootste opskudding in die Super Bowl geskiedenis teweeg te bring.



Op die 1:15 merk, het New York voor 'n kritiese derde afspeel te staan gekom. Hulle het net 4,5 meter nodig gehad om die dryfbeweging af te rond, maar New England se verdediging het geweldige druk uitgeoefen, sodat Manning amper nie kon byhou nie. Hierdie agterspeler van die Giants (wat nie juis vir ratse bewegings bekend was nie) het op een of ander manier die aanvallers ontduik en selfs uit die kloue van een verdediger geglip wat hom aan sy trui beetgekry het.



Manning het na regs geskarrel en die bal in die middel van die veld aangegee na waar Tyree hemelhoog gespring het om die bal met sy regterhand teen sy kopskut te vang... hoër as wat hy ooit voorheen kon regkry. Rodney Harrison, verdediger van die Patriots, het die bal probeer wegklap, maar Tyree het die bal beheer en nooit toegelaat dat die bal die grond raak nie, selfs nadat hy op sy rug beland het.



Hierdie vangskoot, wat later "die kopskut-vangs" gedoop is, het tot 'n voorsprong van 29 meter en die daaropvolgende doel deur Plaxico Buress, gelei. Almal het egter nog gepraat oor die spel van Tyree, waarna ook dadelik as een van die beste vangskote in Super Bowl geskiedenis verwys is.



Tyree, op sy beurt, het dit "die Efesiërs 3:20" vangskoot genoem. Hy het geglo daar steek meer in as 'n wonderlike atletiese prestasie.



"Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen." (Efesiërs 3:20-21)



"Ek staan in verwondering oor God," het hy gesê. "In so 'n wedstryd en ervaring, gaan daar soveel emosies deur jou. Daar was egter niks minder as verwondering nie."
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid