Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 4 VAN 10

"Bybelvers Bring Vrede vir Brian Kinchem te midde van Stormagtige Rit na Spesiale Spanne se Heldhaftigheid"



Super Bowl XXXVIII (1 Februarie 2004): New England Patriots 32, Caroline Panthers 29



'n Oproep om hom laat in die 2003 NVL-seisoen by die New England Patriots aan te sluit, was 'n skokkende ontwikkeling vir Brian Kinchen, afgetrede atleet en tans onderwyser en afrigter. Kinchen het reeds vir byna drie jaar nie meer wedstryde gespeel nie en was stomgeslaan toe die span aan hom 'n uitspeelkans in 'n oefenwedstryd aanbied, waar hulle nie net een, maar twee beseerde balgrypers in die skrums moes vervang.



'n Dag later het hy die werk gekry en homself ingespan om weer die vaardigheid te herwin wat hy oor 'n gerespekteerde 12-jaar loopbaan gehad het. Na twee gewone seisoenwedstryde, het Kinchen egter die druk gedurende die uitspeelwedstryde begin voel. Met elke bal wat hy in die skrum gegryp het, het die gewig van 'n toenemende moontlikheid om in die Super Bowl deel te neem, al swaarder geword. Teen die tyd wat die span 'n week voor die groot wedstryd in Houston aangekom het, het Kinchen begin oorweeg om die spanbeamptes te vra om hom huis toe te stuur.



Gedurende sy stormagtige, innerlike worsteling, het hy na die vers in die Ou Testament verwys wat hom die moed gegee het om die verwoede twyfel in sy gedagtes te oorkom.



"Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad." (Prediker 12:13-14)



Teen die tyd wat die Super Bowl Sondag aangebreek het, het Kinchen nog steeds teen senuwees geveg en gebid dat die wedstryd nie met 'n finale veldskop sou eindig nie. Hierdie spesifieke gebed is egter nie beantwoord nie, want agterspeler Tom Brady het die Patriots teen die veld afgevoer om 'n velddoelpoging vir Adam Vinatieri te skep, wat die wedstryd met slegs nege sekondes oor, moes wen.



Kinchen het oor die bal gebuk en nog 'n keer op die Bybelgedeelte in Prediker staatgemaak. Sy greep uit die skrum was perfek en sy skop net so seker. New England het Carolina met 32-29 oorwin, in een van die mees opwindende Super Bowl wedstryde in NVL-geskiedenis.



'n Rukkie na hierdie heldhaftige oomblik, het Kinchen besef wat die groter doel hieragter was.



"Sonder God kon ek nie reggekry het wat ek moes doen nie," het Kinchen aan CBN gesê. "Dit was asof Hy my van alles stroop... sodat ek net op Hom moes staatmaak, want ek het geen idee gehad waarheen ek die bal skop nie."
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid