Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 9 VAN 10

"Russell Wilson Deel Bybelverse in die Openbaar na Oorwinning en Nederlaag"



Super Bowl XLVIII (2 Februarie 2014): Seattle Seahawks 43, Denver Broncos 8



Terwyl baie onderdersteuners vir die XLVIII Super Bowl gereedgemaak het, het Russell Wilson, agterspeler van die Seattle Seahawks, 'n oggenddiens bygewoon, vergesel van die spankapelaan, Judah Smith, en ander hooggeplaaste ondersteuners wat die voormalige Seahawks aanvals-agterspeler en Shaun Alexander van die NVL MVP ingesluit het. Hierna het Wilson op Instagram 'n foto geplaas van die drie manne met 'n verwysing na een van die Bybelverse wat Smith gedurende sy preek aangehaal het:



"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom!" (2 Korintiërs 5:17)



Later gedurende die dag, het Wilson nog 'n boodskap aan sy Twitter-volgelinge gestuur:



"Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee." (Matteus 6:33)



Die wedstryd self, was 'n kontrasterende vertoning tussen Wilson, wat maar in sy tweede NVL-seisoen deelgeneem het, en die Broncos se uiters gesoute agterspeler Peyton Manning, op pad om die Prestasierol te haal en gereed om sy tweede Super Bowl titel te verwerf.



Dinge het egter nie volgens plan verloop nie.



Denver het met 'n swak wegspring in die eindsone begin, wat tot 'n 2-0 voorsprong vir die Seahawks gelei het. Hierna het Wilson soos 'n veteraan gespeel en lei hy Seattle daarna op vyf dryfbewegings deur die loop van die wedstryd, wat punte beteken het. Met beide 'n omkeer-onderskepping en -afskop, wat tot doele gelei het, het die Seahawks 36 punte aangeteken voor die Broncos die nul aan hulle kant van die telbord kon uitvee.



Met die afgaan van die finale alarm, het Wilson en sy spanmaats hul oorwinning met 'n ongebalanseerde telling van 43-8 gevier.



"(God) het my al 'n lang pad gebring," het Wilson na die wedstryd aan verslaggewers gesê. "Dit was ongelooflik. Om eerlik te wees, dit was eintlik onwerklik. Terwyl ek hier met die trofee sit en opkyk, is ek só dankbaar vir alles wat aan my gegee is."



'n Jaar later is Wilson se geloof getoets nadat hulle Super Bowl XLIX op 'n hartverskeurende wyse verloor het. Hulle was 28-24 agter teen die New England Patriots en met slegs sekondes oor in die wedstryd, het Wilson die bal onderskep en met 'n berugte gooi die doellyn gemis, omdat die spelers verwag het dat die agterspeler, Marshawn Lynch, die bal sou vang.



Nou aan die verloorkant, bly Wilson positief soos gesien in sy twiet:



"Dankie God vir die geleentheid. Ons kom terug…ek sal nooit afstand doen van wie Hy my geroep het om te wees nie…"



Daardie selfde dag het hy 'n aparte nota bygevoeg met nog 'n inspirerende Bybelvers:



"...Ek het U baie lief, Here, my Sterkte." (Psalm 18:2)



Buite die seisoen, het Wilson The Rock Church in San Diego, Kalifornië toegespreek en daar bekendgemaak dat God direk met hom gepraat het na daardie wedstryd en hom uitgedaag het om bestendig te bly in sy benadering as 'n Christen.



"Wen of verloor, vir my gaan dit oor Hom," het Wilson gesê op BillyGraham.org. "Die op- en afdraendes, die goeie en slegte, is van minder belang, plaas Hom net eerste."
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid