Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 5 VAN 10

"Shaun Alexander Leun op sy Lewensvers na Teleurstellende Nederlaag"



Super Bowl XL (5 Februarie 2006): Pittsburgh Steelers 21, Seattle Seahawks 10



Vir Shaun Alexander, storm-agterspeler van die Seattle Seahawks, kon die seisoen van 2005 net nie beter afgeloop het nie. Hy het die NVL met 1646 meter binnegestorm en 'n rekord van 27 stormdoele opgestel, asook die NVL se rekord gebreek met 'n totaal van 28 doele. Alexander was ook die eerste storm-agterspeler in liga-geskiedenis om 15 of meer doele in vyf agtereenvolgende seisoene aan te teken.



Terwyl die Seahawks na die uitspeelwedstryde gevorder het, het Alexander verder aan sy merkwaardige jaar bygevoeg as die speler wat die meeste stemme gekry het vir die Pro Bowl en die eerste NVL MVP in die geskiedenis van die Seattle groep. Nadat hy harsingskudding opgedoen het gedurende die vierde kwart van die NFC-Afdelingskompetisie teen Washington, het hy gou herstel en binne 'n week 121 meter gehardloop en twee doele in die NFC-Kampioenskapswedstryd teen Carolina aangeteken.



Die verwagting was dus dat hierdie droomseisoen by die Super Bowl XL sou voortduur, hoekom nie? Seattle se spel was al meer bestendig op pad na 'n 13-3 rekord, met veteraanleiers soos Alexander en die agterspeler Matt Hasselbeck, wat die aanval lei. Aan die anderkant was die AFC-kampioen, verrassend genoeg, die sesde gekeurde Pittsburgh Steelers wat tot by die hoofwedstryd gevorder het. Met hul tweedejaar agterspeler Ben Roethlisberger aan die stuur, het niemand geweet wat om te verwag nie.



Dit was egter Seattle wat die meeste foute gemaak het en Pittsburgh wat die beste spel gelewer het. Aanvanklik was hulle kop-aan-kop, maar die Steelers het uiteindelik voorgeloop om die vyfde Super Bowl titel met 21-10 te wen.



"Eerlikwaar, ek glo ons het verbrou," het Alexander later gesê. "Ek dink 'n goeie span kan die Super Bowl haal. Ek dink uitstekende spanne wen die Super Bowl, ongeag wat om hulle gebeur. Ons het nie goed genoeg gespeel nie. Die skeidsregters het moontlik ook nie hul beste dag beleef nie. Ook die afrigters en van die spelers het moontlik nie hul beste dag gehad nie. Al hierdie dinge kom daarop neer dat jy verbrou het en dit is wat ons gedoen het."



In tipiese openhartige eerlikheid, het Alexander dit eenvoudig uitgedruk soos hy dit gesien het. En ja, hy was baie teleurgesteld met die uitslag van die wedstryd. Hy het nietemin vas bly staan, te danke aan sy lewensvers wat hom herinner het aan sy ware doel in beide goeie en slegte tye.



"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." (Psalm 37:4)



"Dit herinner my om vreugde te put uit alles wat God in jou lewe doen," het Alexander aan CBN gesê. "Put vreugde daaruit om van Hom te leer en elke dag te groei, want Hy verheug Hom in ons."
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid