Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 3 VAN 10

"Bybelvers Gee aan Les Steckel Helderheid oor Roeping in Nadraai van Teleurstellende Nederlaag"



Super Bowl XXXIV (30 Januarie 2000): St. Louis Rams 23, Tennessee Titans 16



In sy 18de jaar as NVL afrigter, kry Les Steckel 'n tweede geleentheid om in die Super Bowl af te rig.



Sy eerste keer (by Super Bowl XX) het nie so goed afgeloop nie.



As die afrigter van New England se agterspeler en ontvangers, het Steckel hulpeloos toegekyk hoe die Chicago verdediging die Patriots se aanval afweer op hul pad na 'n ongebalanseerde 46-10 oorwinning. Nou, as die aanvalskoördineerder vir die Tennessee Titans, het hy geweet dat die Super Bowl XXXIV teen die St. Louis Rams beloof het om 'n nóg strawwer stryd te wees.



Vroeg reeds, het Steckel sy vorige ervaring herleef toe St. Louis die voortou met 16-0 geneem het. Tennessee het teruggeveg en uiteindelik in die vierde kwart die spel vasgemaak, te danke aan Steve McNair en Eddie George, die paar in die agterveld. Met minder as twee minute speeltyd oor, het die Rams weer voorgeloop na 'n 67-meter lopie deur die agterspeler Kurt Warner se aangee na die ontvanger, Isaac Bruce, om 'n doel aan te teken.



Met die daaropvolgende dryfbeweging, het McNair die Titans stelselmatig op die aanval teen die veld af gelei. Alles is op die spits gedryf met een finale lopie van die 9-meterlyn af. Slegs ses sekondes was oor en geen ekstra tyd nie, toe Steckel die teken gee—'n vinnige skuins aangee na Kevin Dyson. McNair het die bal perfek in Dyson se stewige hande aangegee. Vir 'n oomblik het dit gelyk of die ontvanger vir die eindsone bestem was.



Op daardie tydstip het die Rams se agterspeler, Mike Jones, vir Dyson met 'n duikslag grond toe gebring. Dyson het probeer om die bal oor die doellyn te plaas voor die tyd verstryk, maar dit was net 'n meter te kort.



Terwyl die opponente hul oorwinning gevier het, moes Steckel die bitter pil van die nederlaag sluk en het gewonder wat hy nog kon doen om Tennessee te help wen het. In daardie oomblik van stille nadenke, het Steckel aan CBN genoem hy voel dat God met hom praat:



"Les, die span het vanaand op een meter na gewen. Weet jy hoeveel mense daar buite skiet slegs een meter kort tot ewige oorwinning? Ek verwag van jou om hulle te gaan vertel."



Steckel was nie ten volle bewus wat dit sou beteken nie, tot drie jaar later terwyl hy die Buffalo Bills afgerig het nie. Na die 2003 seisoen is die hele personeel afgedank en het hy God biddend vir leiding gevra.



Op daardie oomblik het Steckel onthou van 'n gebedsinskrywing wat hy tydens die Super Bowl seisoen in sy joernaal gemaak het, dat hy vyf jaar later in die bediening sou wees. Jesus se woorde in die Nuwe Testament het by hom opgekom.



"Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang." (Lukas 5:10b)



Dit was die woorde wat die verhaal afgesluit het van drie vissermanne wat Jesus se eerste dissipels geword het. Vir Steckel, het dit perfek ooreengestem met wat hy op daardie keerpunt in sy lewe ervaar het. God vra hom om sy professie van 30 jaar te verlaat om iets heeltemal anders te doen. Deur sy Super Bowl-droom met een meter te mis, is sy groter lewensdoel geopenbaar. Binne twee jaar na sy aftrede as NVL-afrigter, het Steckel as president van die Genootskap van Christelike Atlete gedien, 'n rol wat hy tot die einde van 2016 volgestaan het.



"By tye vra ons onsself waarom God ons in bepaalde situasie plaas en waarom Hy toelaat dat sekere dinge met ons gebeur," het Steckel aan CNS Nuus gesê. "Wanneer ons egter glo dat God se wedstrydplan oneindig beter as ons eie is, kan ons nie verloor nie. Hy laat alle dinge tot ons beswil meewerk—dit was sekerlik waar van my lewe, selfs deur my mees teleurstellende verliese."
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid