Leesplan inligting

Professionele Voetbal en Die BybelVoorbeeld

Professional Football And The Bible

DAG 2 VAN 10

"Bybelse Openbaring Verlos Mike Singletary uit Post-Kampioenskap Depressie"



Super Bowl XX (26 Januarie 1986): Chicago Bears 46, New England Patriots 10



Regdeur die 1985 seisoen, het die Chicago Bears die verbeelding van voetbalondersteuners oor die hele land aangegryp terwyl hulle hul opponente oorheers het met 'n byna-perfekte 15-1 rekord. Met kleurvolle en ewe talentvolle figure soos Jim McMahon, Walter Payton, William "The Refrigerator" Perry, Buddy Ryan en Mike Ditka, kon niemand die onvermydelike segetog na NVL-glorie keer nie.



By Super Bowl XX, was die nuweling, New England Patriots, nie teen die Bears se aanvallende skietgoed en gretige verdediging bestand nie. In een van die mees ongebalanseerde NVL-kampioenskap wedstryde ooit, het Chicago met 'n oortuigende 46-10 die oorwinning behaal.



Die Bears se versmorende verdediging was geanker in die agterspeler, Mike Singletary, of "Samurai Mike" soos sy spanmaats en ondersteuners hom genoem het. As waarskynlik een van die mees uitstaande agterspelers wat ooit voetbal gespeel het, het hy sy loopbaan afgesluit nadat hy agt kere as All-Pro aangewys is, nege keer as All-NFC gekies is, tien keer as Pro Bowl gekies is en twee keer die Verdedigingspeler van die Jaar was. Sy naam is ook later op die Professionele Voetbal Prestasierol geplaas.



Singletary was ook een van die NVL se felste mededingers en het bekendheid verwerf vir sy ikoniese, intimiderende groot-oog staar in die aanvangslyn.



'n Aantal maande nadat sy droom as wenner van 'n Super Bowl titel verwesenlik is, kon Singletary nie verstaan waarom hy nie gelukkig was nie. Ondanks die feit dat hy die beste seisoen in sy professionele loopbaan beleef het, was hy gefrustreerd, kwaad en depressief. Dit was eers na intense sielsondersoek en 'n Bybelse boodskap, wat die NVL-ster vorentoe kon beweeg.



"Op daardie stadium was ek louwarm," het Singletary gesê. "Tussen Christene was ek 'n Christen, maar op die voetbalveld was ek iemand anders. Ek was ook iemand anders by die huis. Die Here was besig om my te roep en het toegelaat dat ek myself kon sien vir wie ek regtig was. God het gesê: 'Wandel saam met my, of gee pad'."



Singletary se openbaring was geïnspireer deur die apostel Johannes se boodskap aan die vroeë Christene in Laodisea, 'n stad wat vandag in die weste van Turkye geleë is. Die kerk het selftevrede geword en hul passie vir die prediking van die evangelie verloor.



"Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. Maar nou, omdat julle lou is, nie warm en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg." (Openbaring 3:15-16)



Van daardie oomblik af het Singletary die besluit geneem om meer toegewyd aan sy Christelike geloof te wees.



"Ek het die uitdaging aanvaar," het hy verduidelik. "Ek het na myself gekyk en besef dat ek skynheilig en veroordelend was. Ek was regtig oppervlakkig. Ek moes hierdie dinge verwerk. Ek moes met my vrou praat. Ek moes met my pa praat en deur die hele proses van vergifnis gaan en werklik die lelikheid van my lewe in die gesig staar. Soos ek dit begin doen het, het die Here en ek begin onderhandel. Ek het my lelikheid verruil vir sy volledigheid, skoonheid en al die dinge waarvoor Hy my geskep het."
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Professional Football And The Bible

As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer van die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in...

More

Baie dankie aan "Museum of the Bible" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.museumofthebible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid