Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 1:15-23.
Wat bid Paulus vir die kerk in Efese en vir al die Christene? Gaan terug en lees weer sy gebed in die wete dat as 'n aangenome "kind" van God, Jesus elke dag vir jou intree (Hebreërs 7:25). Stel jou voor dat Jesus hierdie gebed vir jou bid. Vervang die woord "julle" met jou naam en sê hierdie Skrifgedeelte tydens jou stiltetyd op vir jouself. Glo dat dit waar is.
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 1:18-19: "Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo ..."
GEE DIE SAAD WATER
Neem Paulus se gebed en bid dit oor jou eie familie en vir iemand naby aan jou. Bid dit oor 'n vriendin van jou wat die Here met haar hele hart, siel, krag en verstand soek. Bid dit nou oor jouself. Net soos wat Paulus vir die Efesiërs en die kerk gebid het, onthou dat Jesus elke dag, elke uur, elke oomblik vir jou ook bid. Vra Hom om jou te help om die lewe deur sy oë te sien. Onthou om deur die dag jou "saad nat te lei". Laat waarheid in jou hart groei totdat jy 'n tuin vol van geloof en geregtigheid het!
DRA VRUG
Bid dat ek Hom in sy volheid sal ken.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More