Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 1:11-14.
Wat is aan jou in Christus gegee? Wat leer jy oor jou doel? Wie se doelwitte word altyd bereik en wie se planne word volbring?
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 1:11: "Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit alreeds bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit."
GEE DIE SAAD WATER
Jy het iets ontvang wat nie weggeneem kan word nie. Jy kan altyd rus en veilig wees in die sekerheid dat God goed is. Hy laat alles — alle dinge — volgens sy plan en raadsbesluit gebeur. Jy kan diep asemhaal, ontspan en ophou om bekommerd te wees, want jy is Syne. Jy is in Christus en Hy is in jou. Neem 'n oomblik en dink na oor God se werk in jou lewe en hoe Hy jou nader aan Hom gebring het, jou uit sy Woord geleer het, en jou na hierdie leesplan getrek het. Indien jy in Christus is, het Hy jou verder toegerus met alles wat jy nodig het om in wysheid en geregtigheid asook met insig in sy Woord te groei. Hy het Homself vir jou opgeoffer. Wat is die een ding wat jy tydens die res van hierdie leesplan kan doen om die maksimum voordeel te trek uit dit waarmee Hy jou toegerus het? Jy kan die hele dag oor die "Saad van Waarheid" peins. Jy kan dit vir jouself in 'n teksboodskap of e-pos stuur. Dink na oor die "Saad van Waarheid" in plaas daarvan om jouself te bekommer of te laat beheer deur wêreldse dinge. Maak dit nat en help dit om te groei.
DRA VRUG
Hy laat alle dinge gebeur volgens sy raadsbesluit.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More