Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 13 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 2:11-16. Kyk weer na vers 12. Watter woorde gebruik Paulus om ons status voor Christus te beskryf? Wat sê Paulus in vers 13 wat dit alles verander het?

PLANT DIE SAAD

Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 2:13: "Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God af gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus."

GEE DIE SAAD WATER

In 1 Petrus 2:10 word aan ons gesê: "Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys." So dikwels voel ons dat ons nie so naby aan God kan kom soos wat ons wil wees nie. Dit voel of daar 'n muur of gaping is. Terwyl jy vandag se vers bepeins, konsentreer op die waarheid dat die Here jou naby aan Hom gebring het, die gordyn is in twee geskeur en jy is in staat om sy troonkamer enige tyd binne te gaan. Vul jou dag deur die vers herhaaldelik op te sê en kies om te glo wat dit sê eerder as hoe jy voel.

DRA VRUG

Nader gebring deur die bloed van Christus.

SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om dit te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/