Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 2:17-22. Lees die Skrifgedeelte 'n paar keer deur en vra die Here om jou 'n dieper begrip te gee van waar jy met Hom en in sy kerk staan (Efesiërs 1:3-14).
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 2:19-20: "Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is."
GEE DIE SAAD WATER
Wanneer het Hy begin om jou nader aan Hom te trek? Dink 'n bietjie terug wanneer en hoe die Here jou oë geopen het om Hom as jou Heer en Redder te sien. Tot watter mate het jy gegroei? Het jy Hom vandag nog méér lief? Het jy sy Woord méér lief as ooit tevore? Ons sien onsself as deel van 'n familie, 'n kerk, 'n buurt, 'n groep, 'n kantoor, maar hoe dikwels sien ons onsself as 'n lid van God se huishouding? 1 Petrus 2:5 sê: "Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is." Buig voor die Here neer en bied aan Hom 'n lofoffer. Gaan sy poorte in met dankbaarheid en sy voorhowe met lof. Dink aan hierdie magtige waarheid met elke tree wat jy vandag neem.
DRA VRUG
Lid van die huishouding van God.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om alles te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More