Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 1:1-10.
Maak notas van jou geestelike seëninge in Christus terwyl jy deur die Skrifgedeelte lees. Is daar vandag een seëning wat werklik vir jou uitstaan? Terwyl jy dit oordink, laat dit lewe in jou hart spreek en maak dit persoonlik. Byvoorbeeld: "Ek is gekies nog voor die grondlegging van die wêreld."
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies op vir jouself. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 1:3: "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is."
GEE DIE SAAD WATER
Dink na oor die betekenis daarvan om in Christus geseënd te wees met elke geestelike seëning. Wy 'n paar minute tyd daaraan om biddend te dink hoe jy met dit in gedagte, jou dag kan benader. Wanneer jy vandag 'n besluit moet neem of deur 'n krisis gaan, sê hierdie Skrifgedeelte stilweg op vir jouself. Gaan dan voort in geloof dat "God my in Christus geseën het met al die seëninge van die Gees." Vertrou in sy krag en onthou dat Hy jou liefhet.
DRA VRUG
Geseënd met elke geestelike seëning.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More