Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 16 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 3:7-13.

Oordink vir 'n paar minute Christus se onnaspeurlike, grenslose rykdom en dank God vir alles wat Hy aan jou deur Hom gegee het. Terwyl ek hierdie rykdom aanskou, is ek dankbaar vir sy blywende teenwoordigheid en sy belofte dat Hy my nooit sal verlaat of versaak nie. Lees weer deur hierdie gedeelte en neem kennis van al die rykdom.

PLANT DIE SAAD

Sê saggies vandag se kernvers op vir jouself. Bewaar dit in jou hart en oordink dit deur die dag. Efesiërs 3:11-12: "... soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring. In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan."

GEE DIE SAAD WATER

Waarom raak ons so vasgevang daarin om iets nuuts te bekom — 'n nuwe handsak, "daardie" skoene, die droomhuis, die regte stel klere, jy weet ...? Of ons sê: "Ek sal regtig bly wees as ...", "As my man tog net ...", "Wanneer my dogter ...", "As ek net 'n bietjie groter inkomste gehad het." Niks hiervan kan vergelyk word met dít wat ons alreeds het nie! Ons moet onsself daaraan herinner dat slegs Christus vir ons tevrede kan stel (Psalm 16:11). Ons moet net ons "boeke" oordoen en ons denkwyse verander en sondige gewoontes met goddelikes vervang. God het ons toegerus met vrymoedigheid om Hom in vertroue te mag nader. Hy het nie net die deur van sy hofsaal oopgemaak nie, maar Hy het ook die deur na sy private binnekamer oopgemaak. Ons word nou toegelaat om die Here wat hemel en aarde gemaak het, aan te spreek as "Vader!" Dit het nog nooit tevore gebeur nie! Jou hemelse Vader nooi jou om binne te kom. Dag, tyd of onderwerp maak nie saak nie, Hy wil hê dat jy sal binnekom. Vertel vir Hom die dinge — aardse dinge — wat jou hart begeer. Vra Hom dan om jou te help dat jy Hom, sy heiligheid en Christus se geregtigheid sal begeer. Voordat jy vandag klaarmaak met hierdie oordenking, gebruik eers 'n tydjie om te bid, om hierdie waarheid ter harte te neem, klim op die skoot van jou Vader en stort jou hart voor Hom uit.

DRA VRUG

Wees toegerus met vrymoedigheid om Hom in vertroue te mag nader.

SLUIT AF MET GEBED

Vra God om dit te laat groei wat vandag in jou hart geplant is.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/