Leesplan inligting

Opgelei om te vertrouVoorbeeld

Trained to Trust

DAG 5 VAN 6

Waar kruip jy weg?


"Hulle het die Here gevra: 'Moet hy nog kom?' Die Here het geantwoord: 'Nee, hy is al hier. Hy kruip weg tussen die bondels goed'" (1 Samuel 10:22).


In 1 Samuel 10 lees ons van die gebeure hoe die eerste koning van Israel gereageer het toe die oomblik vir hom aangebreek het om in sy rol te tree. Saul is deur God gekies en in privaatheid as koning gesalf, maar toe dit tyd was dat hy in die openbaar voor die volk moes verskyn, het hy weggekruip.


Soos Saul, was ons almal al daaraan skuldig dat ons tussen die "bondels" weggekruip het toe ons geroep is om uit ons gemaksones te tree. Ongelukkig, wanneer ons wegkruip agter die bondels van vrees, onverskilligheid of selfs ons besige lewens, kom ons nie by ons Godgegewe opdragte uit nie. Selfs erger, hierdie soort ontwyking eer nie vir God nie, maar openbaar eerder 'n gebrek aan geloof.


As Christene wat deur God gekies is en deur sy Heilige Gees gesalf is, hoef ons nie weg te kruip nie, want ons is reeds bedek. Kolossense 3:3b sê vir ons: "julle lewe is saam met Christus verborge in God." As gevolg van Jesus is ons vergewe en bedek met sy liefde, beskerming en oorwinning. Die enigste veilige en aanvaarbare wegkruipplek is by God self. Hy is ons toevlug, krag, sterk toring en skild wat ons in die skadu van sy vleuels verberg. Wanneer ons deur Hom bedek is, kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?” Hebreërs 13:6b.


Met vertroue in die voldoende krag van Jesus, kan ons ons bondels aan Hom oorgee, nie daaragter wegkruip nie! Laat die Een wat sterk genoeg is om dit te dra ... dit vir jou dra.


BID:
Liewe Jesus, dankie dat U ons vergewe en bedek met u liefde en beskerming. In die wete dat U ons skuilplek is, kan ons met vrymoedigheid vertrou en gehoorsaam wees aan alles waarvoor U ons geroep het. Ons het niks om te vrees nie, want ons behoort aan U.


NADENKE:
“Verwag groot dinge van God, probeer groot dinge vir God doen.” - William Carey


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Trained to Trust

Hoe kan ons persoonlik weet of God betroubaar is en die vermoë, krag, en mag het om ons grootste probleme op te los as ons nooit enige het nie? Hierdie 6-dag leesplan is 'n herinnering dat geloof in God ook geloof in sy ...

More

Ons wil graag vir Jennifer McAlister bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://trainedtotrust.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid