Leesplan inligting

Opgelei om te vertrouVoorbeeld

Trained to Trust

DAG 4 VAN 6

Is jy veilig?


Die wêreld heg deesdae hoë waarde aan veiligheid en ons is geneig om by die altaar van gerief te aanbid en ongemak ten alle koste te vermy. Dit behoort nie die geval te wees vir die kinders van God nie.


Dwarsdeur die Skrif vind ons dat God verheerlik word en ons geloof versterk word wanneer ons Hom volg en ons veiligheid en gemak daaraan ondergeskik is. Sy begeerte is dat ons in die geloofsone moet lewe — nie die veilige sone nie.


Toe Jesus vir Petrus genooi het om tydens 'n storm op die water te loop — het dit nie veilig gelyk nie.


Toe God vir Moses geroep het om Hom bo-op die berg Sinai te ontmoet te midde van donderweer, weerlig, aardbewings, vuur en rook — het dit nie veilig gevoel nie.


Toe die Israeliete deur die Egiptiese leër agtervolg is, het hulle nie weggeswenk nie, maar gehoorsaam reguit in die Rooisee ingeloop — al het dit nie veilig gelyk nie.


God is almagtig en vrees niks nie. Wanneer ons verstaan ​​dat ons veiligheid en sekuriteit net in Hom gevind word, kan ons ook vrymoedig en vreesloos wees. Wanneer ons sy stem vertrou en gehoorsaam, word Hy verheerlik, word ons geloof versterk, en ons liefde vir Hom groei.


As Petrus veiligheid verkies het eerder as om vir Jesus te luister, sou hy nie die wonderwerk beleef het om op water te loop nie.


Dit het van Moses moed geverg om die berg Sinai uit te klim, maar as hy nie het nie, sou hy nooit die teenwoordigheid van God self ervaar het nie. Sy geloof het hom toegelaat om God se Shekinah — heerlikheid — te aanskou, asook die eer om persoonlik met Hom te praat.


As die Israeliete verkies het om van die see af weg te swenk, sou hulle nie die krag van God kon aanskou toe Hy die waters van die Rooisee wonderbaarlik geskei het nie.


Ons hemelse Vader beveel ons om nie bang of moedeloos te wees nie omdat Hy by ons is. Jesus het nooit op die kantlyn gesit nie, en ons moet ook nie. As sy verteenwoordigers moet ons vrymoedig wees en moed skep, in die wete dat 'n siel wat deur God verseël is, vir ewig veilig is. Vir diegene wat hul geloof in Jesus gestel het, is selfs die dood oorwin en ons oorwinning verseker.


Wanneer ons saam met Hom wandel, is die een wat nie veilig is nie, die vyand van ons siele.


Ons word gevaarlik.


BID:
Liewe Here, dankie dat ons niks het om te vrees met U aan ons sy nie. Mag ons nooit as toeskouers op die kantlyn sit nie, maar eerder aktiewe deelnemers wees wie se optrede U verheerlik en hierdie wêreld 'n beter plek maak.


NADENKE:
Is jy geneig om in die veilige sone of die geloofsone te lewe?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Trained to Trust

Hoe kan ons persoonlik weet of God betroubaar is en die vermoë, krag, en mag het om ons grootste probleme op te los as ons nooit enige het nie? Hierdie 6-dag leesplan is 'n herinnering dat geloof in God ook geloof in sy ...

More

Ons wil graag vir Jennifer McAlister bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://trainedtotrust.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid