Leesplan inligting

Opgelei om te vertrouVoorbeeld

Trained to Trust

DAG 1 VAN 6

Vertrou op die Here


Op wie vertrou jy? Ons het nooit regtig die geleentheid om oor hierdie dinge te dink voordat ons midde-in 'n storm is, of voordat ons geloof getoets word nie. 'n Gebroke verhouding, verlies van 'n geliefde of 'n probleem met jou finansies, kan veroorsaak dat jy uitreik na iemand om op te steun of 'n vriend wat jou wysheid kan bied. Dit kan moeilik wees om te weet wie jy kan vertrou. Wie vertrou jy in jou donkerste uur?


Die woordeboek definieer vertroue as: 'n sekerheid van die karakter, vermoë, krag of waarheid van iemand of iets. Vertroue kan vir baie van ons moeilik wees om te aanvaar, want ons leef in 'n gebroke wêreld omring deur onvolmaakte mense. Ons is geskok wanneer vriende ons in die steek laat, tragedies plaasvind en ons probleme lyk asof dit nooit eindig nie. Kom ons erken dit, stukkende goed is nie veronderstel om reg te werk nie. Tog in al hierdie dinge, kan ons vrede hê in die wete dat God deur niks verras word nie. Daar is 'n aanhaling deur Adrian Rogers wat sê: "Het dit al ooit by jou opgekom dat niks ooit by God 'opkom' nie?" Hy is in staat om alle dinge ten goede te laat gebeur vir diegene wat Hom liefhet en nie net sommige dinge nie, maar alle dinge. Die probleem is dat ons God se wonderwerke wil ervaar, maar ons wil nie op 'n plek wees waar ons een nodig het nie. Ons wil hê ons geloof en vertroue moet toeneem, maar ons wil nie die nodige onderrig deurgaan nie.


Die Bybel vertel die verhaal van Moses en die Israeliete, wat op 'n slegte plek was; die Egiptenaars was agter hulle en die Rooisee voor hulle, hulle het geen keuse meer gehad nie. Maar — hulle was in die wil van God. Hulle sou nie sy magtige krag wat die waters skei kon aanskou het as hulle nie in 'n onmoontlike situasie was nie.


Hoe kan ons, soos die Israeliete, persoonlik weet dat God betroubaar is en die vermoë, krag en mag het om ons grootste probleme op te los as ons nooit enige probleme het nie?


Ons eer die Here wanneer ons kies om Hom te vertrou. Geloof in Hom beteken ook geloof in sy vermoë, tydsberekening en metodes.


Ja, ons leef in 'n onvolmaakte wêreld, maar ons het 'n volmaakte God, wat ons daaraan herinner dat selfs die arend, onstuimigheid nodig het om bo uit te styg en hoog te sweef.


BID:
Liewe Here, U is getrou, goed en altyd by my. Dankie dat ek U met my hele hart kan vertrou.


NADENKE:
"Ons kan nie altyd God se hand opspoor nie, maar ons kan altyd God se hart vertrou." — Charles Spurgeon.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Trained to Trust

Hoe kan ons persoonlik weet of God betroubaar is en die vermoë, krag, en mag het om ons grootste probleme op te los as ons nooit enige het nie? Hierdie 6-dag leesplan is 'n herinnering dat geloof in God ook geloof in sy ...

More

Ons wil graag vir Jennifer McAlister bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://trainedtotrust.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid