Leesplan inligting

Opgelei om te vertrouVoorbeeld

Trained to Trust

DAG 6 VAN 6

So Seker Soos die Dagbreek


Ons het almal daardie eindelose nagte al ervaar wanneer slaap ons ontwyk. In ons moeë toestand voel dit of die duisternis ons probleme vererger en selfs die kleinste kwessies begin dringend saak maak. Wat ons nie in die daglig gepla het nie, verteer ons nou in die donker. Wanneer gedagtes deur ons koppe maal, raak ons nie maklik aan die slaap nie en in plaas daarvan om te slaap, wag ons vir die rus om te kom of vir die nag om te eindig. In hierdie donker ure het ek my skuldig gemaak aan bekommernis oor baie dinge; maar nooit een enkele keer was ek bekommerd dat die son nie sou opkom nie; selfs die donkerste nag moet uiteindelik plek maak vir die dag.


Namate ons huidige kultuur aanhou om God se wette te verontagsaam en verder van Hom af weg te dryf, hoe donkerder word ons wêreld. As Christene is ons nie vry van bekommernis in die donker ure wanneer ons vergeet wat ons in die lig geleer het nie. Nou meer as ooit moet ons op Jesus vertrou en voortgaan om Hom beter te leer ken deur gebed en tyd in die Bybel deur te bring. Terwyl ons aan God se beloftes vashou, kan ons aanspraak maak op sy bonatuurlike vrede. Wanneer ons geestelike oë oopgemaak word, moet die duisternis swig voor die lig wat ons in staat stel om te rus met vertroue dat die "nag" sal verbygaan. Hebreërs 11:1 verseker ons dat geloof: "is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Die wêreld is dalk donker, maar wanneer ons deur die oë van geloof kyk, kan ons ons in hoop verheug in plaas daarvan om deur vrees gevange gehou te word.


God, in sy goedheid, herinner ons elke oggend dat die son die duisternis oorwin. Terwyl ons aktief wag vir die heerlike wederkoms van Jesus, mag ons harte rus vind, want binnekort sal die Seun terugkeer om die duisternis vir ewig te verdryf.


BID:
Liewe Here, ons is so dankbaar dat U die lig van die wêreld is wat die duisternis oorwin het. As u kinders, help ons om duidelik te weerspieël wie U is, deur helder te skyn terwyl ons vir U terugkeer wag.


NADENKE:
“Duisternis kan duisternis nie verdryf nie: net lig kan dit doen. Haat kan nie haat verdryf nie: net liefde kan dit doen.” — Martin Luther King.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Trained to Trust

Hoe kan ons persoonlik weet of God betroubaar is en die vermoë, krag, en mag het om ons grootste probleme op te los as ons nooit enige het nie? Hierdie 6-dag leesplan is 'n herinnering dat geloof in God ook geloof in sy ...

More

Ons wil graag vir Jennifer McAlister bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://trainedtotrust.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid