Leesplan inligting

Die Koning Se PragVoorbeeld

Splendor Of The King

DAG 4 VAN 5

Gemaak Om Te Floreer Verhoudings is nie altyd maklik nie, maar God wil verhoudings bou. Verhoudings het hulle goeie en slegte tye. Een dag is alles nog reg, dan word harde woorde gesê en spanning verskyn. Sambo, die voormalige kindersoldaat, het min besittings gehad. Sy gesin is vernietig, hy het geen verhouding met Jesus gehad nie, sy bure het hom verag en hy was aan drank verslaaf. Geld kan nie hierdie probleme regmaak nie. Hy was aan die kwyn en dit was nodig dat sy verhouding met God herstel word. Tearfund sien baie armoede. Jy mag dink dat armoede net 'n gebrek aan geld is, maar dit is net een aspek daarvan. Geld is altyd die simptoom van 'n groter probleem—'n gebroke verhouding met God, onsself en ander. Toe God die wêreld geskape het, het hy in gedagte gehad dat mense saam met Hom sou floreer en dat ons 'n verhouding met Hom, onsself en ander mense sou hê. Hy het nie bedoel dat ons alleen moet wees nie. Ons is geskape om te floreer en dit beteken dat ons in die regte verhoudings lewe, want dit is daardeur dat ons liefde en toegeneentheid ervaar. God het ons met 'n plan en 'n doel geskape. Bid: Dankie God, dat u groot dinge vir my begeer. Ek vra dat U vandag u planne en doelwitte aan my sal openbaar. Amen.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Splendor Of The King

Jesus het die begin van Sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat Sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en ...

More

Ons sê vir Tearfund baie dankie vir hierdie leesplan. Besoek http://www.tearfund.org/yv indien jy meer inligting soek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid